Vir die meeste mense is Desember ’n tyd om fees te vier en te ontspan. Maar voor jy ’n koue bier, ’n glasie wyn of gaskoeldrank drink, dink aan die verborge vloeibare kalorieë wat hierdie drankies bevat.
“Dit is belangrik om die etikette op drankies te verstaan, sodat jy presies weet wat jy inneem,” verduidelik Nestlé Wellness se bestuurder Naazneen Khan. “Daarbenewens kan ’n hoë suiker-inname in jou dieet die risiko van vetsug, diabetes, kanker en hipertensie verhoog. Nes ons ons porsies beheer, moet ons ook die hoeveelheid suiker beheer wat ons gedurende die dag in drankies inneem.
“Die geheim is om slim te kies. Bederf jouself op dié spesiale geleenthede, en kies gesonde, laer kalorie-opsies wanneer jy kan, “sê Naazneen. “Voeg ’n skeut vrugtesap by mineraalwater vir ’n heerlike verfrissende drankie of maak water meer opwindend deur kruisement, suurlemoen en komkommer by te voeg.”
Versoeters wat drankies versoet en kalorieë byvoeg, het verskillende name. As jy bestanddele soos ’n “hoë fruktose koring-stroop”, “dekstrose” , “fruktose”, “sukrose” en “vrugtesap-konsentraat” op ’n etiket sien, is dit ’n suiker-versoete drankie.
“Smoothies het baie verborge kalorieë,” verduidelik Naazneen. “Hulle kan baie gesond wees, veral wanneer vrugte en groen blaargroentes bygevoeg word, maar hulle kan ook ’n hoë inhoud natuurlike suiker bevat wat kalorieë ophoop. Veral as hulle as ’n versnapering ‘tussen maaltye’ genuttig word en die kalorieë wat hulle bevat nie gedurende die dag verbrand nie. ”
5 wenke om op vloeistof-kalorieë te sny
– Wanneer jy ’n cappuccino bestel, vra vir ’n “skinny cappuccino” wat met lae vet- of vetvrye melk gemaak word
– Verdun jou vrugtesap met water en verminder die kalorieë.
– Maak jou eie smoothies met afgeroomde melk, wei-poeier en vrugte en vermy enige bygevoegde suiker wat kommersiële produkte kan bevat
– Geniet jy ’n drankie saam met die meisies? Kies vir ’n wyn spritzer en sny ’n paar kalorieë.
– As dit is ’n koue dag is, kies swart rooibos of warm water met suurlemoensap. As jy jou wil bederf, kies lae-vet of vetvrye melk in jou Milo en warm sjokolade.
Hier is ’n vergelyking van die kalorieë en suiker in ’n verskeidenheid alledaagse drankies
Drank | (ml) | Suikersoort (bv. suikervry, natuurlike suiker en bygevoegde suiker) |
Kalorieë per houer | Teelepels suiker per houer |
Water | 250 | geen | 0 | 0 |
2% melk | 250 | natuurlik | 127 | 2 |
Glas maas | 250 | natuurlik | 161 | 2 |
100% lemoensap | 250 | natuurlik | 117 | 5 |
Cappuccino | 250 | bygevoeg | 70 | 2 |
Chai met volroom | 250 | bygevoeg en natuurlik | 240 | 8 |
Swart rooibos | 250 | geen | 2 | 0 |
Vrugte- en suiwel-smoothie | 250 | bygevoeg en natuurlik | 119 | 5 |
Glas wyn | 150 | natuurlik | 108 | 0 |
Bruisdrankie | 330 | bygevoeg | 142 | 7 |
Bier | 330 | natuurlik | 136 | 2 |
Energiedrankie | 500 | bygevoeg | 163 | 8 |
Sap | 250 | natuurlik | 124 | 5 |
Gegeurde water | 500 | bygevoeg | 77 | 4 |
Vir meer nuttige wenke oor hoe om ’n gesonde lewenstyl te volg, besoek www.tastierhealthierchoices.co.za.