kategorieë: WenkeMode

Vlei jou beste bates in ’n eenstuk-swembroek met hierdie 5 wenke

Vlei jou beste bates in ’n eenstuk-swembroek deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Kyk na hierdie neklyn as jy groter borste het

As jy groter borste het, is ’n mens geneig om ’n swembroek te kies wat “toemaak” omdat jy bang is iets glip dalk uit. Modekenners soos die ontwerper Monif Clark van New York stel voor dat jy juis ’n vleiende oop neklyn moet kies, maar met stewige bra-insetsels en breër bandjies. Monif glo “jou bates is iets wat jy moet vlei, nie wegsteek nie.”

’n Oop v-neklyn skep ’n verslankende vorm sonder om jou ongemaklik te laat voel. Die sweetheart neklyn is ook ’n gewilde styl onder voller figure, omdat dit ’n goeie struktuur en ondersteuning bied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jy kan ’n gelukkige selfbeeld kweek!

Vermy

Mense met groter borste word aangeraai om nie halternek-swembroeke te dra nie, omdat dit baie stremminig op jou nek kan veroorsaak.

’n Neklyn wat te hoog opkom druk jou borste plat en die groot stuk materiaal oor jou bors kan jou borste selfs groter laat lyk. Die oordadige materiaal kan ook jou bors bedompig laat voel op ’n warm dag.

Lees ook: Verleng so die lewe van jou swembroek

2. Moenie skrik vir detail nie

Die kenmerkende inrygwerk of ruche-tegniek word dikwels langs die kante of strategies voor op jou swembroek geplaas. Hierdie tegniek help om jou figuur kurwes te gee deur ’n uurglasvorm met behulp van die naat van die detail te help bewerk. Ruchewerk aan die voorkant help ook om tekstuur te gee wat ongewensde rolletjies of ’n onegalige vel help verbloem. Maak egter seker die tekstuur is nie te oordadig nie, omdat dit die doel van die tegniek sal saboteer.

Ander tegnieke is toerygtoutjies en ’n uitgesnyde middel wat alles dieselfde uurglasvorm help skep. Probeer verskeie tegnieke en kies een wat vir jou werk. Hier kan jy lekker rondspeel met ’n moderne kleur wat jou selfvertroue ’n hupstoot gee!

Lees ook: Hoekom is dit belangrik vir vroue om mooi te voel?

Vermy

Gladde materiale het dikwels dieselfde uitwerking as water se rimpeleffek wat foutjies baie duidelik en pertinent uitwys. Dit is ook geneig om vinnig verkleuring te wys. Kies ’n materiaal wat ’n effense tekstuur het wat net daardie genoegsame verbloeming en ondersteuning bied.

Lees ook: Wees swembroekslim

3. Sê ja vir kleure en patrone as jy ’n peerfiguur het

Vrouens met ’n peerfiguur (breër heupe as skouers en bors) moenie skaam wees vir kleure en patrone nie. ’n Swemrokkie of valletjie gaan nie jou heupe verbloem nie, hou eerder die onderdeel van jou swembroek eenvoudig, donker en eenkleur en laat die oog gelei word na bo met ’n helder kleur of patroon. Sodoende vlei jy jou figuur deur balans te skep tussen jou heupe en bors.

’n Halternek is hier ’n goeie snit om jou skouers breër en skerper te laat vertoon, wat ook die gewig van jou heupe help uitbalanseer.

Vermy

Swemrokkies of valle om jou heupe. Vrouens is dkwels geneig om te dink hierdie detail verbloem hul heupe, maar eintlik doen dit juis die teenoorgestelde.

Let op na die patroongrootte – die patroon moet in verhouding wees met jou struktuur en liggaamsbou. Patrone wat té groot is kan jou kleiner liggaamsdele “insluk” of jou voller bates nog meer beklemtoon.

Lees ook: 5 swembroeksnitte wat jou op jou beste laat lyk

4. Hierdie snitte is die beste vir jou bene

Die eerste gedagte wat by ’n mens opkom is dat hooguitgesnyde broekies jou bene slanker laat vertoon, en almal wil altyd slanker vertoon. Maar onthou, dit gaan oor die volle prentjie, en die geheim lê in balans.

’n Swembroek moet jou terselfdertyd goed laat lyk én voel. Hooggesnyde snitte werk goed vir vroue wat hul heupe wil verslank (kenmerkend aan die peervorm en vroue met kort bene). Hierdie snit beweeg die fokus opwaarts vir daardie “verslankende” effek, maar vir die vroue wat groter borste het, beteken dit die aandag beweeg op na jou bors, waar daar reeds baie gewig is.

Balanseer dan eerder jou figuur uit met ’n normale of retro-snit (soos Marlyn Monroe) wat ooreenstem met die bo-deel van jou swembroek. Die sweetheart neklyn stem goed ooreen met die retro-snit been, waar ’n skerper V-neklyn weer beter werk saam met ’n algemener beensnit wat net onder jou heupbene uitsny.

Lees ook: Storm in ’n swembroekkoppie

5. Die binnekant van jou swembroek moet só lyk

Let goed op na die binnestruktuur van jou swembroek, watter tegnieke gebruik word en of dit vir jou figuur sal werk of nie. Die belangrikste element wat elke eenstuk moet hê is bra-insetsels, omdat dit daardie nodige ondersteuning en vormgewing aan jou figuur bied.

Kyk ook na die voering van die swembroek. Die regte voering vir voller figure is spesiaal stewiger om jou ligaamsvorm ’n ondersteunende raamwerk te gee, sonder dat dit soos ’n korset voel.

Vermy

Sommige eenstukke het ’n fyn reknaat om die middellyf sodat dit jou middel intrek, vermy egter hierdie snit as dit jou middel in twee deel. Onthou daar is baie ander tegnieke om jou middel slanker te laat lyk.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

11 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

17 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

18 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

18 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

18 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.