Maklike stappe vir ’n visgraatvlegsel
Verdeel jou hare in twee, neem ’n klein gedeelte van die buitenste deel van die hare en vou dit bo-oor, na die middel en onderdeur die anderkant. Doen dit die heeltyd aan albei kante. Gebruik produkte wat tekstuur gee om jou hare effens taaier te maak – dit sal makliker vleg en in ’n vlegsel bly.
Vir ’n fyn visgraatvlegsel
Verdeel jou hare in drie dele: twee dunner dele net bokant elke oor en ’n dikker deel agter jou kop. Vleg die hare aan die kant van jou kop in visgraatvlegsels. Sit ’n haarrekkie om en hou dit eenkant. Maak ’n visgraatvlegsel met die agterste deel en sit ’n rekkie om. Vou een kantvlegseltjie onder die groot vlegsel in en steek met ’n haarknippie vas. Doen dieselfde met die ander vlegsel.