kategorieë: LeesOntspanning

Vlam Hoofstuk 48: Verkeersknoop

Vlam Hoofstuk 48: Verkeersknoop deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vang eers op met die vorige hoofstukke van Vlam. Klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam Hoofstuk 48: Verkeersknoop

Niekie staan knorrig op. Alles irriteer haar. Die ketel kook te stadig, sy mors melk, die stortdeur haak (weer) vas en sy ruk dit uit sy glybaan.

Hierdie gaan ‘n verkeerde dag wees, weet sy. Sy moet ‘n paar dinge by die kantoor gaan afhandel voor Angola.

Haar kop is seer. Haar oë brand. Haar mond proe soos ‘n vrot wingerd.

Die leë wynbottel op haar koffietafel vertel sy eie storie. Dit koggel haar: “Niekie, jy is ‘n gek!”

Duard en Melissa het seker lekker gelag na haar oproep.

Sy voel erg jammer vir haarself. Sy het ‘n erger babalas en simptome van ‘n akute “pity party”.

Sy weet dit is haar eie skuld.

Haar muisneste het vir haar groot moeilikheid gebring en dit is moeilikheid waarvoor sy nie nou lus is nie. Maar eintlik wens sy sy kan weghol.

Ongelukkig het sy ‘n woonstel en kar om af te betaal.

Verantwoordelikheid doem saam ‘n beeld van haar pa se streng oë voor haar op.

Bleddie Duard!

Die verkeer op pad kantoor toe voel erger as ooit. Die son skyn erger as ooit in haar brose oë want haar sonbril lê of op haar lessenaar, of iewers in haar deurmekaar woonstel waar sy dit in haar muisneswaas gelos het. Sy kyk na haarself in die truspieël. Sy lyk soos Medusa met ‘n “bad hair day”. Sy draai die truspieël weg. Sy wil nie sien hoe lyk ‘n vernederde vrou nie.

“Niekie,” berispe sy haarself. “Ruk jouself reg. Die man  is immers net ‘n Hollywood-slymbol.

En, waddehel het Melissa twee-uur die nag met sy foon gemaak? As sy sy foon in die midel van die nag beantwoord, is daar beslis iets tussen hulle! Bevestiging van verraad!”

Die verkeer staan bankvas voor sy by Sandton Drive indraai.

Daar is beslis weer iewers ‘n probleem.

‘n Hoofpyn klop ongenadig teen haar slape. Die taxi’s  ry op die sypaadjie verby haar en een probeer voor haar indruk. Sy lê op haar toeter en wys vir hom die teken waaroor haar pa haar in graad een ‘n loesing gegee het. Sy gebruik die teken net op slegte dae en hierdie een is ‘n baie slegte dag.

Haar foon lui. Dis Pieta. Daar is weer ‘n transitorooftog in Sandon Drive en hy wil hê sy moet op pad werk toe daar ‘n draai maak.

“Ja, Piet, soos die toeval dit wou he, sit ek juis voor Sandon drive vas in die verkeer wat deur die rooftog veroorsaak word. Wat stel jy voor? Moet ek soos die taxi’s op die sypaadjie soontoe ry?”

“Goeie idee.” Sy is nie lus vir Piet se humor nie.

“Is ons in ‘n slegte bui vandag?” Hy ken haar goed.

“Los my uit.”

“Wat gaan aan, liefdesprobleme?”

“Los my uit. Ek sal by die bleddie rooftoneel stop.”

Pieta lag.

“Is dit Duard?”

“Hy is ‘n glibberige vark!”

“O, en ek dog hy soen so lekker?” Pieta is moedswillig.

“Hy het my misbruik.”

Sy kook.

Hy lag.

“So het jy my al vertel.”

“Melissa het vanoggend twee-uur sy foon beantwoord.”

Die ewige moedswilige laggie.

“En, na hoeveel glase wyn wou jy met die glibberige vark praat?”

Hy ken haar te goed.

Sy druk haar foon dood en klim met haar arme Toyota op die sypaadjie agter die taxi’s aan.

Talle mense toet vir haar. Een man gooi daai lelike teken vir haar. Nog een gee haar ‘n “thumbs up”.

Die rooftoneel is nie juis dramaties nie. Die rowers kon nie die geldwa oopgeskiet kry nie en die polisie was toevallig in die omgewing en die rowers het gevlug. Die polisie staan selfvoldaan op die toneel asof hulle ‘n groot tragedie afgeweer het.

Sy bel Pieta. “Hier is nie juis ‘n storie nie, maar ek sal skryf hoe dapper die polisie was. Loxton sal daarvan hou.”

“En toe? Is jy reg vir Anglola?” Pieta is steeds moedswillig.

“Dis net ‘n job soos enige ander een. Ek sal dit gaan doen en goeie stories skryf.”

Sy begin skielik huil en sy haat haarself daaroor.

“Ek gaan nooit ‘n ordentlike boyfriend kry nie.”

Pieta klink skielik jammer vir haar.

“Miskien is daar ‘n verduideliking hoekom Melissa sy foon gehad het? Ek dink hy is ‘n goeie ou.”

Sy haat dit as Pieta haar vlam probeer blus.

“Ek sal professioneel bly en my werk doen.”

That’s my girl!

Sy druk haar foon dood. Die verkeer bedaar na die toneel want daar is nie meer toeskouer-waarde nie.

Sy skakel RSG aan. Die omroeper belowe op-en-wakker-musiek. Sy voel allesbehalwe op-en-wakker en skakel dit weer af.

Haar foon piep ‘n boodskap. Haar bloed stol ‘n milli-sekonde as sy die naam sien.

Duard.

Sy wil dit ignoreer want sy wil nie hê hy moet sien sy het die WhatsApp gelees nie.

Haar nuuskierigheid neem oor.

“Soek jy my?”

Sy wens sy kan dit ignoreer.

Maar sy tik …

“Nee, dit was ‘n pocket dial.”

Die antwoord kom vinnig.

“Jy lieg.”

Vermetel!

“Ja, en ek praat mos ook te veel?”

Sy hou die groen “typing” boodskap angstig dop.

“Ek het oorreageer. Ek is jammer.”

Sy wil lelike woorde tik, maar bedink haar.

“Gaan bars!”

Hy stuur ‘n smiley face wat knipoog.

“Jy is ‘n vieslike man wat vroue misbruik.”

Die boodskap blits terug.

“Net die wat ek graag wil misbruik!”

Wat? Die man is ‘n vieslike otter!

“Gaan weg! Jy is ‘n aaklige mens. Los my uit.”

Sy sit haar foon op die passassiersitplek. Sy wil  dit ignoreer. Dit piep ‘n paar boodskappe.

Sy brand van nuuskierigheid

“Ek wens ek kon jou uitlos.”

“Jy boer in my kop.”

“Jy maak my mal!”

As jy van Vlam hoofstuk 48: Verkeersknoop gehou het, gaan jy mal wees hieroor! Luister nou na ons gratis voorlesings van Martie Swanepoel se gewildste werke: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

1 day Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

1 day Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

1 day Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

1 day Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.