Vlam Hoofstuk 32: Hop, hop, hop … deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Klik hier om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die foon lui vroeg.
Dit voel vir Niekie of sy uit die dode opgewek word. Haar vlugvose lyf is nog nie gereed vir aksie nie. Cannes het haar emosioneel en fisiek uitgeput.
“En toe, is die fashion icon al wakker?”
Dis Pieta. Sy hoor die lag in sy stem.
“Hou op spot. Dit was ’n frieken nagmerrie!”
Pieta lag nou sommer uit sy keel.
“En toe, kan ’n oorlogkorrespondent nie eens ’n paar celebs hanteer nie?”
Sy weet darem Pieta verstaan diep in sy hart.
“Hulle is monsters, Pieta! Daai mense is gevaarliker as terroriste! Ek was nog nooit in my lewe so uitgeput nie!”
Sy en haar ou maat skinner lekker van die glansmense. Hulle praat dieselfde taal, sy en Pieta. Hulle swem in dieselfde dam.
“Jy het darem lekker stories gekry! Veral die hoek van Wayne wat dieselfde as ons manne voel oor die bosoorlog. Jou pa is seker bly daaroor. Ek neem aan jy het nou genoeg gerus na jou vlug?”
Terug in die werklikheid …
Sy het die vorige aand agtuur geland, dit is nou twaalf uur later. Niks verander ook in die koerantwêreld nie.
“Is daar ’n groot storie?”
Piet maak keel skoon.
“Soort van. Daar is ’n funksie wat jy vanaand moet bywoon. ’n Fênsie geleentheid. Black tie en als. Jy moet een van daai grênd rokke aantrek. Jy is mos nou al gewoond daaraan?”
Piet se woorde begin in haar kop zoem. Dit dans ’n uitputtende tango met haar vliegvoos brein.
“Jy speel seker?”
“Nee, opdrag van bo. Jy moet daar wees. Ek en jy moet Mediahuis gaan verteenwoordig. Maar die goeie nuus is jy is my metgesel vir die aand. Ons kan ’n paar lekker wyne kap en verder skinder oor daai bo-blink-en -onder-stink mense met wie jy so lekker skouers geskuur het.”
Niekie sug. Sy kan Piet nie drop nie. Sy sal moet gaan.
“En Vlam? Jy hoef nie vandag in te kom kantoor toe nie. Laat doen jou hare en naels, of watookal dit is wat julle mode-ikone voor so ’n groot aand doen!”
Sy is so lief vir ou Pieta. Sy sal enigiets doen om hom gelukkig te hou.
Sy skrik eers vieruur die middag weer wakker.
O tjit! Sy sal moet begin gereed maak vir die aand! Pieta kom haar sesuur oplaai!
Sy grawe paniekbevange deur haar tasse wat nog onoopgemaak staan. Als is gekreukel.
Alles behalwe die blessidse smaraggroen rok!
Dit gly verleidelik-moedswillig oor haar hande en val in ’n hopie op die vloer.
Die ellendige Duard. Sy wens sy het die rok vir hom teruggestuur.
Sy glimlag oor Melissa se woede, en natuurlik oor die fiasko met die gesmelte wimpers. Dit het als die moeite werd gemaak. Sy en Stefaans het na die tyd rondgerol soos hulle lag.
Maar wag … sy voel moedswillig. Sy gaan vanaand die rok aantrek! Sy hoop daar word ’n paar foto’s geneem en dit bereik ou Melissatjie se oog. Dit sal haar net herinner dat sy wat Niekie is die laaste rondte gewen het. Sy kan eintlik nie wag om die popsie in Angola in die bos in aksie te sien nie.
Teen sesuur is sy gereed vir Pieta. Groen rok aan die lyf en haar wilde hare net lekker los geskud. Haar lippe is bloedrooi, om by haar moeë oë te pas, meen sy.
“Wow! Jy is aan die brand!”
Pieta maak nogals die kar se deur vir haar oop!
Haar koerantkollegas stel nie teleur nie. Die kameras kliek en hulle vra selfs ’n paar vra vrae oor Cannes.
“Hoe voel dit om die modeblaaie te haal?”
En dan is daar een vraag wat haar tot stilstand ruk.
“Is daar iets tussen jou en Duard Wayne?”
Sy omseil die vrae soos ’n ou pro.
Die Natsteen Joernalis van die Jaar is ’n swierige geleentheid. Sy kan verstaan dat Pieta haar morele steun vir die aand nodig het. Sy is dankbaar Henk Zeeman is ook daar. Sy is ewe verras toe haar pa ook by hulle tafel kom aansit!
Pieta verduidelik dat daar onverwags ’n plek by Mediahuis se tafel oop was en dat hy gedink het sy en haar pa het bietjie tyd saam nodig. Haar pa lyk tog te spoggerig in sy Weermag-aandpak.
Die toesprake en formaliteite word met glase Chardonnay gelaaf.
Henk kry die prys as fotograaf van die jaar en sy is bly vir haar vriend. Hy verdien dit.
Nuusleser Billy Kriel se stem as seremoniemeester draf deur die kwaliteite van ’n goeie joernalis. Hy kondig elke finalis aan en oor die skerm flits ’n paar hoogtepunte van hul loopbane. Niekie lig ’n glas in elkeen se rigting. Elkeen van hulle verdien dit.
Dan noem Billy haar naam! Sy is gewoond om pryse as misdaadverslaggewer en oorlogkorrespondent te ontvang, maar is nog nooit benoem as joernalis van die jaar nie.
Nou weet sy hoekom Pieta haar gevra het om sy metgesel te wees! En hoekom haar pa hier is!
“En nou vir die groot verrassing van die aand. Soos julle almal weet, is Mediahuis die mediavennoot vir die groot fliek oor die grensoorlog wat binne die volgende weke in Suid-Afrika geskiet gaan word. Om die geleentheid te vier, het ons vanaand ’n spesiale gas om die groot prys te oorhandig. Mense, kom, ons verwelkom Duard Wayne op die verhoog!”
Billy se stem klink hol. Asof hy in ’n vakuum praat en asof sy buite die vakuum is. Sy kyk na Pieta. Hy trek sy skouers op asof hy kamma van niks weet nie, maar sy ken hom. Hy lyk skuldig.
Duard se lof word besing en aanvoorwerk word gedoen vir die groot lokettreffer wat die grensoorlog gaan laat “herleef”.
Duard staan met die koevert met die wenner se naam in sy hande. Niekie prewel gebede dat dit tog asseblief nie sy moet wees nie. Sy sien nie kans dat hy haar in die groen rok moet sien nie.
Duard se stem is ook in die vakuum. Dit voel of sy ver bokant die glansgeleentheid in die sterre sweef.
“En die wenner is … Niekie Branders!”
Niekie hoor applous. Pieta gee haar ’n drukkie. Henk en haar kollegas spring op en klap hande. Haar pa se oë is vol trane.
Dit voel of haar bene met jellie gevul word. Sy sien nie kans vir hierdie ding nie, maar sy moet. Honderde oë is op haar en die groen rok. Sy wens sy het meer moeite met haar hare gedoen. Sy wens haar lippe was nie so rooi nie. Sy wens …
Maar dan trek Pieta haar op en lei haar na die verhoog. Sy maak oogkontak met Duard. Sy oë lag vir haar. Dit gly oor die groen rok. Oor elke sentimeter.
Hy soen haar op elke wang. Dan fluister hy in haar oor. “Smeulend soos altyd, Vlam.”
Niekie voel die bloos van haar décolleté teen haar nek opstoot en oor haar wange versprei.
Die glasbeeldjie voel swaar in haar sweterige hande.
Haar arms voel lam.
Haar lippe is droog onder die skelrooi lipstif.
Haar mond vorm die woorde outomaties. “Dankie aan my pa, Pieta, Henk en my kollegas …”
Dan begin haar jellierige bene oor die verhoog stap. Sy wil so vinnig moontlik van die verhoog af kom.
Sy voel dit in stadige reaksie …
Die swaar beeldjie …
… die sweterige hande.
Asof in ’n droom sien sy hoe die beeldjie uit haar hande gly en op die verhoog hop.
Drie hoppe voor dit in skerwe in die kollig lê.
Het jy Vlam Hoofstuk 32: Hop, hop, hop … geniet? Dan gaan jy baie van ons voorlesing van Botox, Barbies en Bietse hou! Klik hier
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.