Vlam, hoofstuk 24: Vulkaan deur Martie Swanepoel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Om die vorige hoofstukke van Vlam te lees, klik hier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Niekie het die dokumente oor die onderhoud gelees. Sy weet sy het die troefkaart in die hand.
“Meneer Wayne, luister nou baie mooi vir my. Ek is hier bloot om ’n opdrag uit te voer. Ek is ’n professionele joernalis. ’n Oorlogkorrespondent, soos jy versoek het. Ek is nie deel van die paparazzi nie en ek werk nie by die geelpers nie. Ek is dus nie in die game van ‘akteurs uitvang’ nie. So ver ek weet, is daar regsdokumente opgetrek om hierdie onderhoud te bevestig en daar was geen rede hoekom ek jou met ‘n truuk hoef te vang nie. Ek is jammer om jou teleur te stel, maar ek is hier in my professionele hoedanigheid en ek het geen begeerte om by Marco te slaap of om jou oor te nooi vir ‘n drankie om ‘n goeie storie te kry nie. Ek is bevrees jy het ‘n Hollywood-idee van joernalistiek en ek stel voor jy laat vaar die idee as jy ‘n ernstige onderhoud oor die Bosoorlog wil doen, want dit, Meneer Wayne, is hoekom ek hier is.”
Niekie skuif tot op die punt van haar stoel. Sy kyk Duard vierkant in die oë. So intens is die vulkaan wat uit haar mond bars, dat hy onbewustelik agteruit sit.
Niekie kyk van Elton na Duard en terug.
Sy weet sy vat ‘n kans, maar sy wil hierdie swierbol so gou moontlik laat verstaan dat sy ernstig is oor die slagspreuk op haar T-hemp. Sy vattiekakkie. Nie van hom of enigiemand anders nie.
“Julle twee menere moet my asseblief inlig of julle wil voortgaan met ons ooreenkoms en of ek my base moet bel en vra of ons ons moet onttrek van die mediaveldtog vir Border War Patrol.”
Elton dans nou behoorlik rond om die vure dood te slaan. Tussen die tantrum en die vulkaan het hy groot moeilikheid.
“Juffrou Branders, mnr. Wayne, kom ons begin van voor af. Ons is almal hier om ‘n werk te doen en in hierdie stadium moet ons aanvaar dat almal hier teenwoordig is om ‘n professionele taak te verrig. Meneer Wayne? Sal ons begin met die onderhoud?”
Die hardnekkige streep wat deur Niekie se DNA terugreik tot diep in haar voorgeslagte slaan egter deur.
“U het heeltemal reg, ons is almal hier om ‘n werk te doen. Maar voor ons kan aangaan, vereis ek ‘n verskoning van mnr. Wayne. Hy het my joernalistieke integriteit in twyfel getrek deur te beweer ek het hom met ‘n truuk probeer vang terwyl hy my lewe inderwaarheid in gevaar gestel het deur my byna om te ry met sy motorfiets gisteraand. Hy het my ook beskuldig dat ek by Marco Momple geslaap het om toegang te kry tot hom by die perspartytjie. Ek vind dit verregaande en ek vereis ‘n verskoning.”
Elton vryf sy kop dat dit bars. Duard sit ook nou al op die voorpunt van sy stoel. Hy gee nie so maklik in nie.
“Mej. Branders, ek gee toe dat die voorval met die motorfiets toevallig kon wees, maar jy het genoeg geleentheid gehad om my gisteraand in te lig dat jy die joernalis is wat vandag ‘n onderhoud met my gaan doen.”
Elton hardloop soos ‘n skeidsregter by ‘n boksgeveg van die een hoek na die ander.
Niekie se wange is vuurrooi van woede.
“In watter stadium van gisteraand se gesprek moes ek my CV aan jou voorlê? Toe jy met my flankeer het?”
Die vet is nou behoorlik in die vuur. Dit lyk of Elton ‘n oorval gaan kry.
“Asseblief, mense. Kom ons kalmeer en begin met die onderhoud.”
Arme Elton sit met twee vurige humeure aan weerskante van die vertrek. Vlam en Ego, vet en vuur. Twee hardekoppe wat stamp.
“Kan ek vir ons tee bestel? O-o-o-o-of iets sterker? Sal julle twee asseblief nou ophou met die gekibbel sodat ons kan begin werk?”
Elton wag nie vir ‘n antwoord nie. Hy stap deur toe en bestel tee.
“Mnr. Wayne? Kan ons begin met die onderhoud? Is jy gereed mej. Branders?”
Meneer Ego en Mej. Vlam sit soos stout kinders en gluur na mekaar. Dis duidelik dat geen liefde verlore is tussen die twee nie.
Niekie maak haar ruggie regop en kyk na die Hollywood-ster.
“Ek is gereed vir jou, Mnr. Wayne.”
Duard kyk na die vrou oorkant hom, en hy weet sy bedoel elke woord wat sy sê, “Ek is gereed vir jou …”
Hy vrek voor hy dit sal erken, maar hy is nogal skrikkerig vir hierdie Vlamkop. En ja, hy het gisteraand op die hotel se balkon met haar geflirt. Hy kon homself nie help nie. Sy het onweerstaanbaar gelyk in die swart uitrusting. Hy het dadelik geweet hierdie vrou is iets anders. Hy kan verstaan hoekom sy ou vriend, Marco, so besotted is met die vrou. Sy is vurig en beeldskoon. Maar op hierdie oomblik besef hy, is die vonk tussen hulle is geen liefdesvonk nie. Dis ‘n vulkaan van humeure.
Aan die ander kant van die vertrek gluur Niekie na die aksieheld. Haar hele wese is lus om hom ‘n taai klap te gee. Hy verteenwoordig op hierdie oomblik alles wat sy in egoistiese celebs verafsku.
Maar sy weet dat sy skuldig is aan een deel van sy beskuldigings. Sy het hom die vorige aand op die hotel se balkon onweerstaanbaar aantreklik gevind en doelbewus mislei oor die rede hoekom sy in Cannes is.
En ja, sy het met hom flankeer. Sy het gisteraand in haar bed teruggedink aan die adrenalien toe hulle met sy motorfiets deur die nat strate gejaag het. Sy erken dit was heerlik om met haar arms styf om sy gespierde lyf deur die strate van die Franse Riviera te swiep en swenk.
Duard onderbreek haar dagdroom.
“Ek is gereed vir jou, Mej. Branders, kom ons gesels oor die Bosoorlog. Ek neem aan jy ken die geskiedenis van die oorlog?”
Niekie is op die punt om vir hom te sê dat dit sy is wat die vrae stel en nie hy nie. Maar sy bedink haar.
“My pa is ‘n kolonel in die Weermag. Ek het in ‘n weermaghuis grootgeword. My pa en sy vriende het in die Bosoorlog geveg. Van sy vriende het langs hom gesterf. Ja, ek weet baie van die Bosoorlog. Ek ken die perspektief van iemand wat werklik in die oorlog geveg het. My pa was ‘n grensheld. En voor ek met die vrae begin, is dit nodig dat ek jou my perspektief gee. Die Bosoorlog is my pa se generasie se oorlog. Ek dink dit is noodsaaklik dat die ware storie van die oorlog vertel word.”
Duard kyk na die vrou voor hom. Hy sien die erns in haar blik.
En skielik voel dit of hy en sy op presies dieselfde bladsy is …
Het jy geweet? Ons het ’n opwindende vervolgverhaal uit die pen van Martie Swanepoel, voorgelees deur Elize Cawood. Klik hier om sommer nou na Botox, Barbies en Bietse te luister – dis gratis!
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.