Vlam: Hoofstuk 17: Vrek bang deur Martie Swanepoel
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Om op te vang met die ander hoofstukke in hierdie vervolgverhaal, loer gerus hier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die nag is lank en rusteloos. Die “gashere” het ’n groot vuur gemaak en sit heelnag en praat. Aan hul stemtone kan Niekie aflei dit is nie ’n gesellige kampvuurkuier nie. Sy hoor ’n paar Franse woorde tussen Marco en van die manne, maar die grootste deel van die gesprek is in Mossi.
Diep in die nanag kom nog twee voertuie by die ou plaashuis aan. Hewige gesprekke breek los rondom die vuur.
Niekie is vrek bang. Sy bewe nie net van koue nie. Haar selfoon het nog ontvangs, maar sy spaar die battery. Mens weet nooit wanneer sy dit nodig gaan kry nie.
Sy wens sy kan Henk Zeeman bel. Henk sal haar kom help. Henk is altyd daar as sy in die bollie is. Maar dié keer, vermoed sy, is sy in groot-groot moeilikheid.
Die ou matras in haar hoekie is dun en grillerig. Haar lyf kan net nie sy lê kry nie en haar gedagtes hardloop 100 km per uur.
Teen dagbreek staan sy op. Sy smag na ’n stort. Marco arriveer asof hy geroep is.
“Koffie vir die mooiste meisie hier.”
Sy gluur na hom en sy offergawe. Hy lyk skuldig en probeer flikflooi. Dié keer gaan sy sjarme nie werk nie. Sy voel te ellendig om daarvoor te val. En sy is skytbang. En spyt.
“Ons moet praat. Ek voel ongemaklik hier en nou gaan jy my alleen los tussen hierdie mense. Jy drop my lelik, Marco.”
Die koffie is sterk en bitter en mens kan sien die blikbeker is al deur diep waters.
“Ek het goeie nuus. Modihi Salu het van plan verander. Hy sal met jou praat. Ek sal by wees en vir jou tolk, maar ons sal versigtig moet wees. Ons kan nie dat die ander manne hier sien jy praat met hom nie. Hy sal in die voertuig wegkruip wat jou na die vliegveld neem en ek De Wet en Blake sal eers later vandag vertrek. Ek wil eers seker maak dat jy veilig is.”
Niekie is nog te kwaad om verlig te voel. Sy het genoeg tyd gehad om in die nag oor haar sagte plek vir die Fransman te dink. Sy weet nou hoekom sy nie alles kan opgee en saam met hom ’n lewe van avontuur volg nie. Al hou sy van avontuur, is Marco se idee van avontuur vir haar te rof. Sy sal nie elke dag met sulke onsekerheid kan saamleef nie. Marco is verslawend, maar sy weet nou hy sal elke keer die nuutste groot storie bo haar kies. Dis maar net hoe hy is.
Sy wat Niekie is begeer meer vastigheid. Daardie gerieflike salaris van Mediahuis elke einde van die maand. Haar woonstel, haar pa wat binne bereik is. Henk en Pieta, die twee wat altyd daar is vir haar as sy die spoor bietjie byster raak.
Dan is daar haar droom. Eendag gaan sy ’n gesin hê en rustig wees. Die lewe wat sy nie gehad het nie.
Die meeste van haar skoolmaats het dit gehad. ’n Huis met ’n pa en ma en ’n kind wat veilig in die tuin speel. Haar pa het hard probeer om dit vir haar te skep, maar dit was altyd net sy en haar pa. Hy moes baie keer weggaan, en dan was sy alleen. In ’n weermagdorp was sy veilig. Daar was mense wat ’n oog oor haar gehou het, maar sy het smiddae na skool altyd alleen by die huis aangekom.
Sy het soms gewens daar is ’n ma wat haar inwag. Soos haar maats se ma’s.
Marco beduie na Ira, die scaly man wat haar lughawe toe moet neem.
“Hy sal Modihi Salu in die voertuig versteek. Kry jou goed bymekaar. Die spul hier is nie baie happy dat ek nou gebring het nie. Hulle sal verlig wees as ek jou wegvat. Jy sal saam met ’n vlug van die internasionale krisisgroep Suid-Afrika toe vlieg, maar daar is net een probleem. Hulle gaan buite Musina land. Sal jy kan reël dat iemand jou daar gaan oplaai? Dis al wat ek nou vir jou kan reël. Die huursoldate beweeg vannag uit en ek wil saamgaan. Hier kom groot strooi en ek wil by wees as die jihadiste weer aanval.”
Die “gashere” hou Niekie se vertrek met groot aandag dop. Marco het nie aan hulle verklap dat sy ook ’n joernalis is nie. Hy het vir hulle gesê sy is sy meisie en hy het haar gebring vir “afleiding”.
Hy dink dit is die beste cover vir haar.
“Van die ouens bring soms ’n vrou na die kamp en hulle dink jy is hier vir dieselfe doel.”
Niekie was woedend oor die onthulling. Geen wonder die mans het haar so onderlangs beloer nie.
“Moenie kwaad wees nie, Vlam, ek moes mooi praat om hulle rustig te kry oor jou teenwoordigheid. Ek het hulle belowe ek sal vinnig van jou ontslae raak. Jy verstaan mos hoe dinge werk?”
Niekie “verstaan” maar te goed hoe dinge werk. Sy het heelnag tyd gehad om na te dink hoe dinge werk met Marco. Dis hoe dinge altyd met hom sal werk.
Die rit na die vliegveld is stamperig. Nie die beste omstandighede om ’n onderhoud te doen nie. Ira jaag soos ’n besetene oor dongas en slote en sy weet sy gaan sukkel om die stemme op haar bandopnemer te hoor. Sy sal moet staatmaak op haar geheue.
Modihi Salu is ’n middeljarige man. Sy klere is verweerd en sy sien ’n leeftyd se swaarkry op sy gesig. Dit voel of sy pikswart oë regdeur haar kyk. Daar is ’n duidelike band tussen hom en Marco.
“Hoe ken julle twee mekaar?” vra sy die man wat opgekrop in die bagasiedeel van die voertuig sit. Sy verstaan net enkele Franse woorde in sy lang verduideliking, en Marco som dit kortliks op.
“Ek het sy ma en suster help vlug na ’n aanval deur ’n vyandige groep op hul dorp. Ek was daar vir werk. Maar kom ons konsentreer op dit wat hy wil sê. Ons tyd is min.”
Modihi gee fyn detail oor die Islamitiese jihadiste se gekoördineerde aanvalle in Ouagadougou, die hoofstad van Burkina Faso. Die Franse ambassade was in die spervuur en hulle het ’n gyselaar geneem na die nasionale weermag hulle met ’n oormag verwilder het. Aline Jurau, die gyselaar, is volgens hom veilig en die jihadiste is bereid om te onderhandel. Hy onthul ook dat hulle ’n informant in die Burkinabe-veiligheidsmagte het en dat ’n plofstof-gelaaide voertuig binne die volgende week by die Burkinabe-militêre hoofkwartier sal ontplof as die onderhandelinge oor die lewe van Aline Jurau nie slaag nie.
Dis ’n lekker storie. Pieta sal tevrede wees. Mediahuis sal die storie kan sindikeer en sy hoop dit sal vergifnis vir haar rebelse ongehoorsaamheid beteken.
By die vliegveld wag ’n gehawende sessitplek-vliegtuigie op hulle. Naas die vlieënier is daar ses ander passasiers!
“Daar is nie plek vir my ook nie, Marco!”
Niekie voel hoe ’n huilerigheid saam die moegheid oor haar spoel.
Marco onderhandel dat dit bars. Die leier van die groep beduie na die vliegtuigie en die bagasie wat voor die trap lê. Dis duidelik dat Marco se reëlings nie uitwerk nie en dat daar nie plek vir haar is nie.
Niekie is ’n tawwe koekie, maar die oomblik raak te veel vir haar. Sy bars in trane uit en snik haar pad oop op ’n plekkie op die vlug. Sy sal in die paadjie op die grond moet sit. Die manne van die Internasionale Krisisgroep verstaan haar dilemma en is bereid om hulle te help. Hulle is bereid om van die begasie agter te laat sodat sy kan saamgaan.
Marco hou haar styf vas voor sy in die vliegtuig klim, maar Niekie voel eerder lus om hom ’n taai klap te gee.
Dit is die laaste avontuur saam met die Fransman, besluit sy.
Die vlug is senutergend en stamperig. Nie een van die passasiers is ontspanne nie en Niekie voel skuldig dat sy op hulle vlug inbreek gemaak het. ’n Ekstra passasier plaas die ander in gevaar. Sy sit wydsbeen oor haar rugsak op die vloer en klou verbete aan die sitplekke langs haar. Sy probeer nie eens die trane keer wat vryelik oor haar stowwerige wange loop nie.
Dis lank na middernag as hulle naby Musina land. Die groep laai haar vinnig uit voor die vliegtuigie weer opstyg.
Niekie het nog nooit so bang en verlate gevoel nie.
Sy neem aan sy is taamlik ver van die dorp want sy sien geen liggies nie. Haar selfoon is byna pap. Dis tyd om daardie oproep na Piet te maak.
“Pieta …”
Sy snik soos sy huil.
“Waar de hel is jy? Ek is hoogs de wetter in vir jou! Jy het geen idee watter drama jy veroorsaak het van hier tot in die Kaap nie!”
Niekie probeer haar trane beheer. Haar foon is byna pap.
“Ek stuur vir jou koordinate op WhatsApp. My foon is byna pap.”
Vir ’n paar senutergende minute wag sy tot haar foon se location aandui waar sy is.
Dit voel soos ’n ewigheid voor sy kan sien Piet het dit oopgemaak. Haar foon se battery is op sy laaste.
Dan flits die boodskap van Henk Zeeman.
“Ek kom jou haal x”
Dan gaan haar foon dood.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.