Genoeg vir 6
Bestanddele
- 60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie
- sout en gemaalde swartpeper
- 250 g (1 k) koekmeel
- 4 (sowat 1,5 kg) lamskenkels, in 3 cm-stukke gesny
- 2 uie, gekap
- 1 stingel seldery, dun gesny
- 2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 250 ml (1 k) rooiwyn
- 2 x 410 g-blikke heel geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
- 250 ml (1 k) aftreksel
- hand vol tiemieblare
- hand vol orego
- fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 2 hande vol groenboontjies, groeikant afgesny
Gremolata
- hand vol pietersielie, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekneus
- fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
Metode
- Geur die meel na smaak, rol die vleis daarin en verbruin in die verhitte olie in die potjie.
- Voeg die uie, seldery, wortels en knoffel by en verbruin. Geur na smaak.
- Voeg die rooiwyn, tamaties, aftreksel, tiemieblare, orego en suurlemoenskil by. Bedek en prut vir sowat 2½ uur tot die vleis sag is.
- Pak die groenboontjies bo-op, bedek en prut vir 15-30 min. tot die bone gaar is.
- Gremolata: Meng die pietersielie, knoffel en suurlemoenskil, strooi oor die potjie net voor jy dit met romerige polenta voorsit.