kategorieë: Leef gesondGesondheid

Vitamiene: wat vir wie?

Die vraag is: waar kry jy jou vitamiene? Waarskynlik is jou antwoord dat jy net die regte vitamienpil moet sluk. En genoeg daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Want dit is wat ons gekondisioneer is om te glo: vitamiene, kalsium, minerale, omega-3’s en so aan kom in pilvorm. Ons dink nie eens daaraan dat doodgewone vars, onverwerkte kos soos appels, wortels, olyfolie, broccoli, knoffel en melk die natuurlike bronne van natuurlike voedingstowwe is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As dit by vitamiene kom, glo ons fabrieksgemaakte pille is eerder die “natuurlike” produk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar is dit waar? Soos gewoonlik is die feite, teorieë, bemarking en alles wat ons nog nie weet nie, byna onlosmaaklik ineengestrengel.

Neem vitamien C. In die jare sestig het Nobelpryswenner Linus Pauling met die teorie gekom dat megadosisse vitamien C noodsaaklik vir ons gesondheid is, skryf dr. Paul Offit in sy boek Do You Believe in Magic?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Omdat dit ’n rol in ons immuniteit speel, het hy voorgestel dat dit verkoue en talle ander siektes soos masels kan uitwis en as anti-oksidant ons teen kanker beskerm. Omdat iemand van Pauling se statuur ’n aanneemlike teorie aangebied het, het ons vitamien C by die kilogram begin drink.

Maar verkoues en kankers is steeds met ons.

Daar is wel ’n bietjie waarheid daarin dat ons vitamien C nodig het. Dis absoluut waar dat mense wat nie genoeg vitamien C inkry nie, skeurbuik kry.

Maar dit is ook waar dat moderne mense wat selfs net ’n bietjie vrugte of groente eet, nooit so min vitamien C sal kry dat hulle skeurbuik sal opdoen nie. Skeurbuik is inderdaad so skaars in ons Suid-Afrikaanse samelewing dat jou dokter waarskynlik nog nooit een enkele geval gesien het nie.

Net so is dit waar dat jou immuunstelsel vitamien C gebruik.

Maar dit is ewe waar dat daar steeds geen sterk bewyse is dat vitamien C verkoues voorkom, ligter maak as jy reeds siek is, of gouer laat opklaar nie.

Dit is ook waar dat te veel vitamien C jou diarree kan gee.

Net so sou ander vitamiene in megadosisse van kanker tot hartsiektes en gemoedsiektes genees het.

Dr. Walter Willett, professor in voedingkunde aan die Universiteit van Harvard, het as ’t ware die fakkel vir vitamiene by Linus Pauling oorgeneem. Soos Pauling, glo hy aan vitamiene. Maar vir hom val die fokus op aanvulling. Gesonde eetpatrone en voedsame kos is ons primêre bron. Pille vul net die voedingstowwe aan waarvan jy nie genoeg uit jou bord kos kry nie.

Intussen het ons ook gesondheid herdefinieer: gesondheid is nie maar net die afwesigheid van siekte nie. Jy kan bloot sonder diagnoseerbare siektes wees. Of jy kan gesond, of selfs optimaal gesond wees. Wat bepaal waar jy op die gesondheidspektrum val? Fiksheid, jou gene en voeding, wat op kos en aanvullers gegrond is.

Dus: wat moet jy doen?

Talle voedingkenners, soos dr. Willett, glo dat jou gene, leefstyl en die siektes waarmee jy reeds te doen het, bepaal wat jy nodig het. ’n Sportmal student met asma het ander behoeftes as ’n swanger vrou met baie stres, of ’n menopousale vrou met artritis. Waarskynlik. Want ons weet steeds nie werklikwaar nie.

Het jy geweet
Daar is 1 000+ voedingstowwe in groente en vrugte, teenoor minder as 30 in selfs die beste vitamienpille.

Wat kan jy as ’n sinvolle riglyn gebruik?

1 Eet so gesond moontlik.
2 Evalueer jouself: van watter voedingstowwe het jy meer as gemiddeld nodig? As voorbeeld: Tienermeisies, swanger vroue en mense met ’n laer beendigtheid het ekstra kalsium nodig.
3 Eet meer van die kossoorte wat ryk is aan hierdie voedingstowwe. Hulle sal dus meer melk, kaas en jogurt gebruik.
4 As jy nie voedsel met genoeg van jou behoefte kan eet nie, vul met pille aan. Hulle sal dus kalsium aanvul.
5 Aanvulling word dus net geneem as daar bewyse is dat jy ’n tekort het, soos met ’n bloedtoets of die feit dat jy in ’n sekere lewensfase is.
6 Neem net soveel as wat jy kort. ’n Tienermeisie het 1 200 mg kalsium per dag nodig. As haar kos 800 mg voorsien, neem sy net 400 mg se aanvulling.
7 Dit is nie so maklik om te weet waar jou dieet tekort skiet nie. Vra ’n dieetkundige om jou te help.
8 As jy pille sluk, gebruik iets van die bekende, betroubare vervaardigers.

Lees ook: Vakansieplanne en pille wat werk: Raad vir sonsteek, blase, jig en geswikte enkels

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

11 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

17 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

18 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

18 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

18 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.