kategorieë: KosSomerkos

Viskoekies met knoffel-en-kappertjiesaad-mayonnaise

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • 500 g (sowat 3 middelslag-) aartappels, geskil en in blokkies gesn
  • 500 g (sowat 6 klein) witvisfilette, sonder vel, in blokkies gesny
  • 250 ml (1 k) vars broodkrummels
  • 2 eiers
  • fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 15 ml (1 e) peperwortelroom (horseradish cream)
  • hand vol koljanderblare, gekap
  • hand vol dille, gekap
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 750 ml (3 k) fyn, vars broodkrummels
  • 45 ml (3 e) botter
  • 45 ml (3 e) olyfolie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Knoffel-en-kappertjiesaad-mayonnaise

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

  • 250 ml (1 k) mayonnaise
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 45 ml (3 e) kappertjiesade, gekap
  • piekels en suurlemoenwiggies vir die voorsitslag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Kook die aartappels tot sag. Dreineer en druk ruweg met ’n vurk fyn. Laat effens afkoel.
  2. Meng die vis, broodkrummels, eiers, suurlemoenskil, peperwortelroom, koljander en dille deur. Geur na smaak.
  3. Verdeel die mengsel in 6 balle. Rol elke balletjie in die fyn broodkrummels en druk plat.
  4. Smelt van die botter en olie in ’n pan oor matige hitte en braai die viskoekie vir 3-4 min. aan elke kant tot goudbruin. Herhaal met die res.

Knoffel-en-kappertjiesaad-mayonnaise

  1. Meng die mayonnaise, suurlemoensap, knoffel en kappertjies.
  2. Sit die viskoekies met die mayonnaise, piekels en suurlemoenwiggies voor.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.