Bestanddele
- 500 g (sowat 3 middelslag-) aartappels, geskil en in blokkies gesn
- 500 g (sowat 6 klein) witvisfilette, sonder vel, in blokkies gesny
- 250 ml (1 k) vars broodkrummels
- 2 eiers
- fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 15 ml (1 e) peperwortelroom (horseradish cream)
- hand vol koljanderblare, gekap
- hand vol dille, gekap
- sout en gemaalde swartpeper
- 750 ml (3 k) fyn, vars broodkrummels
- 45 ml (3 e) botter
- 45 ml (3 e) olyfolie
Knoffel-en-kappertjiesaad-mayonnaise
- 250 ml (1 k) mayonnaise
- 15 ml (1 e) suurlemoensap
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 45 ml (3 e) kappertjiesade, gekap
- piekels en suurlemoenwiggies vir die voorsitslag
Metode
- Kook die aartappels tot sag. Dreineer en druk ruweg met ’n vurk fyn. Laat effens afkoel.
- Meng die vis, broodkrummels, eiers, suurlemoenskil, peperwortelroom, koljander en dille deur. Geur na smaak.
- Verdeel die mengsel in 6 balle. Rol elke balletjie in die fyn broodkrummels en druk plat.
- Smelt van die botter en olie in ’n pan oor matige hitte en braai die viskoekie vir 3-4 min. aan elke kant tot goudbruin. Herhaal met die res.
Knoffel-en-kappertjiesaad-mayonnaise
- Meng die mayonnaise, suurlemoensap, knoffel en kappertjies.
- Sit die viskoekies met die mayonnaise, piekels en suurlemoenwiggies voor.