1 Maak ’n bouquet garni: Draai die peperkorrels, lourierblaar en pietersielie in ’n preiblaar toe en bind met kombuistou vas. • Gebruik net die varsste groente en vis vir die beste smaak en langste raklewe. • Dit is belangrik om die skuim deurentyd af te skep, anders word die aftreksel melkerig en bederf die smaak. • Die aftreksel moet liggies prut. By ’n te hoë temperatuur verdamp die vog te vinnig en sal die aftreksel melkerig word. By ’n te lae temperatuur sal die aftreksel bederf en suur word. • Aftreksel moet baie vinnig gefiltreer, afgekoel en in die yskas geplaas word sodat dit nie bederf nie. Sit die aftreksel voor ’n waaier om die proses aan te help.Visaftreksel
Ingredients
Instructions
2 Smelt die botter in ’n groot kastrol. Voeg die res van die bestanddele (behalwe die water by) en soteer vir 5 min. oor lae hitte.
3 Voeg die water by, bring tot kookpunt, verlaag die temperatuur en prut vir 20 min. terwyl die skuim deurentyd afgeskep word. Geur na smaak.
4 Gooi die aftreksel deur ’n moeseliendoek of skoon afdrooglap. Laat afkoel. Hou die benodigde hoeveelheid aftreksel uit en vries die res vir gebruik in soppe en souse.Wenke