Vis met ’n crème fraîche-krummelkors
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Suurlemoenaartappels
- 4 middelslagaartappels, geskil en in wiggies gesny
- ½ suurlemoen, in 4 wiggies gesny
- vars roosmaryntakkie
- 15 ml (1 e) avokadoolie
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Vis
- 6 snye witbrood
- 30 ml (2 e) koekmeel
- sout en gemaalde swartpeper
- 30 ml (2 e) Dijonmosterd
- 250 ml (1 k) crème fraîche of suurroom
- 6 gevriesde stokvismootjies
- (800 gpak), sonder vel
- 30 ml avokado-olie en 30 ml botter om mee te braai
Instructions
Suurlemoenaartappels
- Skil die aartappels en sny in die lengte in agtstes. Sit in ’n oondpan en geur met sout.
- Strooi ’n paar roosmarynblaartjies oor en druk die suurlemoenwiggies tussen die aartappels in. Sprinkel die olie oor. Bak tot goudbruin.
Vis
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Verkrummel die brood in ’n voedselverwerker. Voeg die koekmeel by en geur na smaak. Gooi in ’n bord.
- Meng die mosterd en crème fraîche in ’n ander bakkie. Smeer dié mengsel aan albei kante van die vis (dit moet steeds gevries wees). Rol elke vismootjie in die krummels, bedek deeglik.
- Verhit die olie en botter oor matige hitte in ’n groot pan. Braai drie mootjies op ’n slag vir 10 min. aan ’n kant tot goudbruin. Tel versigtig oor op ’n bakplaat.
- Braai die res van die vis en sit ook op die bakplaat. Bak verder vir 10 min. en haal uit.
- Sit die vis voor met die suurlemoenaartappels.
Rooi Rose