• 30 ml (2 e) olyfolie en 30 ml (2 e) balsemiekasyn vir die voorsitslag
Instructions
Vis in piesangblaarpakkies gebak
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. 2 Meng die knoffel, brandrissie en olyfolie in ’n klein mengbakkie. Vryf die knoffelolie oor die visse. Geur met sout en swartpeper. 3 Bind die piesangblare om die visse. Druk die vinkel, prei en sitroengras onder die blare in. 4 Gooi die growwe sout in ’n groot, diep oondpan. Sit die visse op die sout en bak vir 15-20 min. of tot gaar.
Broccoli-groenslaai
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die broccoli in ’n groot oondpan. Gooi die olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. 2 Rooster vir 10-15 min. of tot gaar. 3 Skep die geroosterde broccoli in ’n mooi slaaibak en strooi die amandels, fetakaas en kruisement oor. 4 Sprinkel olyfolie en balsemiekasyn oor net voor jy die vis voorsit.