Genoeg vir 4
Bestanddele
- 200 g koekmeel
- 2,5 ml (½ t) borrie
- 10 ml (2 t) vinkelsaadjies, liggies gerooster
- 15 ml (1 e) Kaaps Maleise kerriepoeier
- 10 ml (2 t) seesout
- 350 ml koue bier
- 500 g stokvismootjies of filette sonder vel
- 500 ml (2 k) canola-olie vir diepbraai
Metode
Die beslag
- Gooi die meeste van die bier by die meel, speserye en sout terwyl jy deurentyd met ’n draadklitser meng.
- Die beslag moet soos dik room lyk, anders moet jy nog ’n bietjie bier byvoeg.
- Dis nie nodig om al die klonte uit te klop nie, dié bak lekker krakerig in die olie.
- Verhit die olie in ’n middelslag-kastrol.
- Braai ’n stukkie brood in die olie en as dit vinnig goudkleurig word, is die olie warm genoeg.
- Doop die vis in die beslag, laat die meeste afdrup en braai twee-twee tot goudkleurig, draai eenkeer om.
- Skep uit en dreineer op handdoekpapier.
- Sit voor saam met oondgebakte aartappelskyfies.
* Jy kan die speserye weglaat as jy ’n gewone beslag verkies.