kategorieë: Funksie artikels

Vir seker ‘n netbalspan om op trots te wees

Só is Lynette Veldtsman, ‘n eise-konsultant by Virseker se kantore in Kaapstad, iemand wat entoesiasme uitstraal, nie net in haar werksomgewing nie, maar ook op die sportveld. En dit is veral in haar voorliefde vir netbal te bespeur, want sedert haar laerskooldae het haar toegewydheid tot dié sport geen keer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vandag is sy een van die dryfvere agter ‘n gemeenskapsnetbalspan in die Kaapse noordelike voorstede. As iemand wat doelgerig is, het Lynette haar span, waarvan die meeste van die tien lede almal ou skoolvriendinne is, vir die aksiebelaaide Quench 10’s-toernooi ingeskryf. Danksy ondersteuning van Virseker kon hulle aan die 2022-toernooi, wat van 4 tot 6 Februarie plaasgevind het, deelneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Netbal is my uitlaatklep en ‘n manier van ontspanning,” sê Lynette, wat al van laerskooldae netbal speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Nie net is dit ‘n manier van afskakel ná ‘n dag van werk nie, maar dit is ook my weeklikse oefening.”

Die Quench 10’s-toernooi is ‘n jaarlikse sportgeleentheid wat vanjaar weer op die velde langs die Kaapstad-stadion in Groenpunt plaasgevind het. Buiten netbal was rugby en “bok in die hok” (dodgeball) ook op die program.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lynette, wat hoofdoelwagter is, se span het vanjaar vir die derde keer aan die Quench 10’s deelgeneem, en boonop kon hulle met talle Afrikaanse glansmense (met netbaltalent natuurlik!) soos Marciel Hopkins, Cintaine Schutte en Vicky Davis skouers skuur.

Ongelukkig het die Virseker-span op die eerste dag van die Quench 10’s al drie hul wedstryde verloor, maar op die tweede dag het hulle na die halfeindstryd deurgedring voor hulle uitgeskakel is.

Maar hierdie span sien dit vir seker nie as ‘n nederlaag nie, want vir hulle gaan dit oor die samesyn, die plesier om as vriendinne tyd saam te bestee en om op die netbalbaan van hul daaglikse sorge te vergeet.

“Ons passie vir netbal word nie deur wen of verloor bepaal nie, maar oor hoe dit ons as vriendinne bind …”

Deel
Gepubliseer deur
Nelson Kalula

Onlangse plasings

Papawersaad-en-suurlemoen-koek

Bestanddele   Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…

14 hours Gelede

‘Suidooster’ storm voort met hul immergewilde Stomsterk-konsert!

Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap.  …

14 hours Gelede

Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou

Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…

15 hours Gelede

Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…

15 hours Gelede

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…

16 hours Gelede

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.