Die natuur sorg elke jaar vir ’n wonderwerk in die Noord-Kaap. Dit strooi blomme soos konfetti so ver as die oog kan sien. Die seisoenale winterreën oor die Weskus en die aangrensende binneland, aktiveer een van die mees skouspelagtige blommeryke vertonings in die wêreld.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Chiefs se luukse mobiele tentkamp in vennootskap met SANParke het aangekondig dat besprekings vir hul gewilde, volledig toegeruste, eksklusiewNamaqua Flowers-strandkamp, nou oop is vir besoekers. Dit is een kilometer noord van die Groenrivier-ingang na die Nasionale Park geleë. In die vierde jaar van sy bestaan kan gaste die luukse gerief van ’n elegante private mobiele tentkamp ervaar. Dit is op die strand, reg onder die sterrehemel!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Weens die aanvraag word die nuwe Namaqua Skilpadkamp in die pragtige Skilpad-area in ’n blomryke gebied ook bekendgestel. Dis ’n asemrowende landskap met helder kleure. Die “Bed-en-beskuit” kamp is ideaal vir groepe en individue wat meer tyd in die blomme wil deurbring. Bespreek vir ’n minimum van twee nagte by die Namaqua Flowers strandkamp en ontvang ’n 20% korting op die Namakwa Skilpadkamp!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Geniet 4×4 togte, staproetes, piekniek, fotografiese geleenthede, spabaddens en soveel meer!
Vir meer inligting kontak Lysta Stander op +27 71 688 8201 of e-pos lysta@experiences.co.za. Besoek ook die webblad by www.namaquaflowerbeachcamp.com of www.sanparks.org/parks/namaqua/tourism/accommodation.php
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.