Vinnige steak-en-sampioen-pasteie deur Vickie de Beer. Foto: Neil Corder
Vinnige steak-en-sampioen-pasteie
Vinnige steak-en-sampioen-pasteie
Serves: 6
Prep Time:
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 6 x 125 g- stukke steak
- 15 ml (1 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
- 2 x 400 g-velle klaarbereide skilferkors, ontvries
- 250 g sampioene, fyn gekap
- 15 ml (1 e) korrelmosterd
- 1 eier, liggies geklits
Instructions
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Verhit ’n riffelpan tot rookwarm. Sny die vleis in die regte porsiegroottes en geur met sout en peper. Sprinkel olyfolie oor. Braai elke steak vinnig aan albei kante tot goudbruin. Laat afkoel.
- Soteer intussen die sampioene in ’n middelslagpan tot gaar en roer die mosterd deur. Laat afkoel.
- Rol intussen die deeg effens uit en sny sirkels van 12 cm daaruit. Sit die steak op die deegsirkels en verf die rande met die geklitste eier. Sit ’n skeppie sampioene op elke steak en eindig met nog ’n deegsirkel. Vou die rande van die deeg oormekaar en druk vas. Verf die bokant ook met geklitste eier.
- Bak vir 10 min. tot goudbruin. Eet warm saam met ’n kraakvars slaai.
Lees nog:
Catherine Schenck
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025