Varklende of -filet is laer in vet as ander vleissnitte en kan blitsig gaargemaak word. Dit kan deur beesvleisblokkies vervang word.
15 ml (1 e) avokado-olie
+/- 800 g varkfilette of ontbeende lende, in blokkies gesny
sout en gemaalde swartpeper
1 rooi ui, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
100 g chorizoworsies, in ringe gesny
15 ml (1 e) paprika
2 x 410 g-blikkies heel tamaties, gekap
310 ml (1¼ k) hoenderaftreksel
2 x 410 g-blikkies keker-ertjies
200 g (2 pakkies) heel groen olywe
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
hand vol vars pietersielie, gekap
Instructions
Voorverhit die oond tot 150 °C.
1. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot kastrol. Verbruin die vleis daarin en geur na smaak. Haal uit en hou eenkant. 2. Soteer die uie en knoffel in dieselfde kastrol oor matige hitte tot sag. Voeg die chorizo en paprika by en braai vir 2 min. 3. Gooi die tamaties en hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die vleis by en prut vir 10 min. Meng die keker-ertjies en olywe by en kook vir nog 10 min. 4. Roer die suurlemoensap en -skil en pietersielie deur. Sit voor met Franse brood of rys.