Vinnige Spaanse bredie
Ingredients
- Varklende of -filet is laer in vet as ander vleissnitte en kan blitsig gaargemaak word. Dit kan deur beesvleisblokkies vervang word.
- 15 ml (1 e) avokado-olie
- +/- 800 g varkfilette of ontbeende lende, in blokkies gesny
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 rooi ui, in skywe gesny
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 100 g chorizoworsies, in ringe gesny
- 15 ml (1 e) paprika
- 2 x 410 g-blikkies heel tamaties, gekap
- 310 ml (1¼ k) hoenderaftreksel
- 2 x 410 g-blikkies keker-ertjies
- 200 g (2 pakkies) heel groen olywe
- sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
- hand vol vars pietersielie, gekap
Instructions
Voorverhit die oond tot 150 °C.
1. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot kastrol. Verbruin die vleis daarin en geur na smaak. Haal uit en hou eenkant.
2. Soteer die uie en knoffel in dieselfde kastrol oor matige hitte tot sag. Voeg die chorizo en paprika by en braai vir 2 min.
3. Gooi die tamaties en hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die vleis by en prut vir 10 min. Meng die keker-ertjies en olywe by en kook vir nog 10 min.
4. Roer die suurlemoensap en -skil en pietersielie deur. Sit voor met Franse brood of rys.
Rooi Rose
Lees Meer
Hoender-en-kekerertjie-kerrie
15/01/2025
Varkrafeltjie-vleis met karamelpynappels
13/12/2024