Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti
- 250 ml (1 k) vars room
- 250 ml (1 k) van die pasta se water, of geurige water
- 125 ml (½ k) gerasperde parmesaankaas
- gerasperde skil en sap van 1 groot suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper
- ’n hand vol vars basiliekruidblare
- 1 koppie gaar salm (of enige witvis), gevlok
Metode
- Kook die pasta in borrelende kookwater tot al dente (sag, maar ferm). Dreineer en behou 250 ml van die vloeistof.
- Sit die pasta terug in die kastrol en voeg die room, water, parmesaankaas, suurlemoensap en -skil by. Meng goed tot deurwarm.
- Geur met sout en gemaalde swartpeper.
- Voeg die salm by en meng goed.
- Roer die basiliekruidblare deur die pasta en sit onmiddellik voor.