Serves:Genoeg vir 8-10 menseNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 pakkie suurlemoenjellie
• 1 x 380 g-blikkie ingedampte melk (sit die melk ’n dag voor die tyd in die yskas)
• 1 blikkie karamel
• 2 pakkies Tennisbeskuitjies
• 3 x 100 g-Peppermint Crisp-sjokolade
Instructions
1 Los die jelliepoeier op in die helfte van die water wat op die aanwysings op die pakkie verskyn. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Gebruik net kookwater. 2 Klits die ingedampte melk tot dik en skuimerig. Klits die karamel tot dit pap en sonder klonte is. 3 Meng die jellie en ingedampte melk en roer die karamel daarby. 4 Pak ’n laag tennisbeskuitjies op die boom van ’n 29 cm x 22 cm x 6 cm-tertbak. Giet ’n bietjie van die jelliemengsel oor en rasper een van die sjokolades oor. Eindig met ’n laag jellie en rasper die laaste Peppermint Crisp oor. 5 Laat stol vir ±2-3 uur of oornag in die yskas en sit voor saam met ’n lekker koppie tee.