Mikrogolfoond-beesvleisbredie
Genoeg vir 4
Bestanddele
• 1 kg beesvleis (bladstuk), in 3 cm-blokkies gesny
• 1 knoffelhuisie, gekap
• 2 repies spek, in kleiner stukkies gesny
• 250 ml (1 k) cabernet sauvignon, of enige rooiwyn
• 250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
• 15 ml (1 e) tamatiepuree
• 1 lourierblaar, ’n takkie pietersielie en ’n takkie tiemie
• 1 pak (500 g) klaarbereide en gesnyde botterskorsie
• 1 wortel, in ringe gesny
• ’n hand vol gekapte pietersielie en orego
• skil van 1 suurlemoen
Metode:
1 Sit al die bestanddele, behalwe die groente en gekapte kruie, in ’n groterige mikrogolfbestande kastrol of bak.
2 Kook vir 5 min. op 100% of hoog en roer goed deur.
3 Kook vir nog 25 min. op 60% of medium en roer elke 5 min.
4 Voeg die groente die laaste 10 min. by die bredie.
5 Wanneer die bredie gaar is, roer die gekapte kruie en suurlemoenskil by. Sit saam met rys of kapokaartappels voor.
Lees ook: