1. Maak 'n groot kastrol drie kwart vol water en geur met 'n knypie sout. Bring tot kookpunt. 2. Sprinkel olyfolie oor die kersietamaties en rooster onder die oondelement tot die skilletjies begin oopbars. Haal uit en hou eenkant. 3. Voeg die pasta by die kookwater en kook volgens die aanwysings op die pak. 4. Meng solank die suurlemoenskil en -sap, parmesaan, knoffel en pietersielie. 5. Dreineer die pasta en meng die suurlemoensous, olywe, geroosterde tamaties en tuna deur die warm pasta. 6. Strooi basiliekruidblare oor en bedien dadelik.