Vinnige lamskerrie
4 porsies
Bestanddele:
1 ui, fyngekap
100 g kerriepasta
1 kg lamsvleis, in blokkies gesny
410 g-blikkie gekapte tamaties
80 ml water
125 g babaspinasie
Metode:
1. Braai ui in verhitte en geoliede pot oor matige hitte. Roer sowat 5 minute of tot sag en ligbruin.
2. Voeg kerriepasta en lam by en braai tot lam bruin is.
3. Voeg tamaties en water by en bring tot kookpunt. Prut, bedek vir sowat 30 minute of tot lam sag is.
4. Voeg spinasieblare by en prut tot spinasie verwelk. Geur na smaak.
5. Sit met vars kruisementblare op gestoomde basmatirys voor.
Wenk: Gebruik ‘n Balti-kerriepasta. Dis ‘n matige tot warm pasta met koljander, fenegriek en kruisement wat dit ‘n kenmerkende geur gee.
Hooffoto: Aremediasyndication.com.au/magazinefeatures.co.za
Lees nog: