Vinnige golwende krulle: doen dit so deur Justine Kroes. Hooffoto: iStock/CoffeeAndMilk
Vinnige golwende krulle
Al ooit gewonder hoe om sagte, golwende krulle te kry? Assistent-skoonheidsredakteur Justine Kroes wys ons stap vir stap hoe. Kyk hier na die video
Beste krultangwenke
- Moenie jou silwerskoon hare krul nie, op die tweede dag krul jou hare makliker en die krul hou ook langer.
- Droë sjampoe gee daardie ekstra bietjie volheid en absorbeer enige oortollige olie op die haarwortels.
- Hou elke seksie hare vir tien tellings om die krultang (of minder as jou hare korter is) – dit is meer as genoeg tyd vir ‘n krul om te set.
- Kam deur jou krulle om sagte, golwende krulle te kry.
- ‘n Vinnige sproei haarsproei van die mid-lengtes tot die punte sal jou krulle nog langer laat hou.
- Kies ‘n krultang wat ‘n hittebestande handskoen insluit (glo ons, jy wil nie brand nie!)
Vir nog goeie skoonheidswenke, loer hier
Kyk hier na ‘n paar van ons gunsteling-krultange:
Toni & Guy Curl Squad Spiral Wand (R239 Clicks)
Sorbet Drybar Curling Wand (R349 Sorbet salonne & Clicks)
BaByliss Easy Curl Curler (R287 Clicks)
Safeway Hair Curling Tong (R169 Clicks)
Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur en stilis Justine Kroes en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol