Instructions
1 Marineer die garnale met die borrie en die lemmetjiesap vir 20 min. in ’n glasbak.
2 Braai intussen die mosterd- en komynsaad in die olyfolie. Voeg die kerrieblare, knoffel, gemmer en brandrissies by sodra die saadjies begin spetter en spat.
3 Verlaag die hitte en voeg die ui by die speserye, braai tot sag.
4 Gooi die blik tamaties met sap en suiker by en druk met ’n vurk fyn.
5 Gooi die klappermelk by en kook af vir 10 min. tot dit effens begin verdik.
6 Trek die sous van die hitte af en hou eenkant.
7 Maak die olyfolie in ’n ander pan warm en braai die garnale vir 6-7 min. daarin tot hulle pienk word en gaar is.
8 Gooi die garnale by die klappersous en laat oor ’n lae hitte deurwarm word.
9 Sit voor met vars koljanderblare, ekstra lemmetjies en die klapperrys (resep onder).
* Resep uit: “Reza’s Indian Spice” deur Reza Mahammad
Klapperrys
1 Verhit 30 ml olyfolie in ’n middelslagkastrol met ’n deksel.
2 Braai 1 ui, oorlangs in dik skywe gesny, in die olie tot sag.
3 Gooi 500 g basmatirys by en roer deur sodat die rys goed met die olie bedek is.
4 Gooi 800 ml water, 250 ml klappermelk en ’n groot knypie sout by die rys.
5 Laat die water borrel en draai dan die hitte af tot baie laag.
6 Sit die deksel op en laat die rys vir 20 min. stoom tot gaar.