Deur Salomé Delport. Foto: Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die endometrium is die binnevoering van die uterus en dit word met jou maandelikse menstruasie onder beheer van jou hormone vanself “afgeskil” en uitgewerp. By vroue met endometriose kom hierdie voeringselle ook buite die uterus voor, soos byvoorbeeld rondom die blaas, derms en ander organe. Hulle word hier óók afgeskil – met die verskil dat die dooie endometriumselle nêrens natuurlik afgevoer word nie. Jy sit dus met ligte, inwendige bloeding rondom jou organe en derms en inflammasie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dokters verstaan steeds nie hoekom endometriose ontwikkel nie, maar vermoed dit het te make met hoë estrogeenvlakke. Dit word as ’n outo-immuunsiekte beskou, en as vroue in jou familie daaraan ly, is jou risiko daarop ook hoër.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Daar is geen spesifieke toets nie. Jou dokter diagnoseer dit aan die hand van jou simptome.
Geen raad werk vir almal nie, maar jou dokter sal moontlik prostaglandiene voorskryf en kyk of hy jou estrogeenvlakke kan verlaag, deur jou byvoorbeeld die Pil of estrogeenplakkers so te laat gebruik dat jy nooit menstrueer nie (jy slaan dus die suikerpilletjie of die plakkervrye week oor). Dit help skynbaar om koffie en alkohol uit te skakel, en baie vroue vind ook dit help om koring en/of melk uit te skakel. Omdat prostaglandiene van die omega-vette vervaardig word, kan jy gerus meer sade en neute eet, olyfolie gebruik en aanvullers soos lynsaadolie en nagkersolie probeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Tekens van lae vitamien B12-vlakke
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Hierdie webwerf gebruik koekies.