Deur B-well
Porsies: 4
Bestanddele
30 mℓ (2 e) B-well-kanola-olie
1 groot ui
3 cm stuk gemmer
2-3 hande vol bevrore groente (wortels, blomkool en brokkoli)
’n hand vol sneeu-ertjies of suiker-ertjies
8 babamielies
200 mℓ groente-aftreksel
1 blikkie klappermelk
15 mℓ (1 e) esdoringstroop
15-30 mℓ (1-2 t) groenkerriesmeer
¼ t sout
’n hand vol grondboontjies of kasjoeneute
OPSIONEEL
½ lemmetjie, versap
METODE
Skil en sny ui en gemmer in blokkies. Braai in pan vir paar minute oor lae hitte.
Voeg bevrore groente by en laat vir paar minute kook.
Was sneeu-ertjies intussen en sny dan saam baba-mielies in klein stukke. Voeg dit by die groente in die pan.
Voeg groente-aftreksel en klappermelk by. Prut vir 10-15 minute.
Voeg die groenkerriesmeer en esdoringstroop by. Geur volgens smaak. Braai vir nog 5 minute.
Voeg die grondboontjies tydens die laaste minute van die kooktyd in sodat dit steeds krakerig sal wees.
Sit saam met basmatirys of noedels (durumkoring) voor.
Lees ook: Hoendergereg in romerige tamatiesous