En so beland daar ’n man in my klas wat nie kan lees, skryf óf Engels praat nie. Net Afrikaans, sê hy. Dís sy taal. Hy’s in sy laat vyftigs, dié oom met die hoed laag oor die oë getrek. Só asof hy wegkruip vir die wêreld “Ek’s Dawid,” sê hy. Trots. Net Dawid. Oom Dawid.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek’s skoon gespanne oor die oom. Wonder of hy ’n woord begryp van dít wat ek hom oor basiese begrotingsbeplanning probeer leer. Die res van die klas wil Engels hoor, ek vertaal alles in eenvoudige Afrikaans en Oom Dawid luister. Dink ek. Maar sy hoed sak al laer oor sy oë. Hy slaap darem nie, loer-loer net onderlangs.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Uit die hoek van my oog hou ek sy buurman dop. Hy’s in sy vroeë twintigs en verstaan nie ’n woord Afrikaans nie. Maar hy neem Oom Dawid onder sy vlerk en maak sy boek vir hom oop. “Kyk pictures,” hoor ek. En so vind die twee mekaar oor twee dae – die een Engels, die ander Afrikaans, die een jonk, die ander oud, die een honger vir meer, die ander skepties en soekend. Net een ding in gemeen: albei sukkel om met geld te werk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Met Job se geduld blaai die jong man vir Oom Dawid deur die Engelse gids. Wys prentjies, teken en verduidelik in gebroke Afrikaans.
Amper vergeet ek. Die jong man se naam? Jonathan. Ek proes amper toe hy dit sê.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hier sit hulle: my eie Dawid en Jonathan. En oor twee dae bou hulle hul eie storie van vriendskap. Met vriendelikheid, nes in die Bybel. En baie geduld.
Ek dink weer aan Dawid en Jonathan toe ek vroegoggend straat-af ry en met toeterende, armswaaiende ma’s en pa’s gekonfronteer word wat hul kinders by die skool oorkant die straat kom aflaai. Ongeduldig. Selfsugtig. Kwaad. Haastig. Belangrik. Wens ek kan vir Dawid en Jonathan nader trek om hulle ’n bietjie ’n les in vriendelikheid te gee, dink ek vies.
Vertel die storie later vir ’n vriendin. “Ag kom nou, mens kan tog nie net die hele dag loop en nice wees nie. En stilsit in ’n klas kan nie vergelyk word met die spanning van kinders by ’n skool aflaai nie. G’n mens kan vroegoggend vriendelik wees nie.”
Né?
Aan die einde van die kursus vra ek vir Dawid wat hy geleer het. “Om met geld te werk,” kom dit sag. Die hoed dankbaar teruggestoot tot agter op sy kop. En Jonathan? “Om met geld te werk,” sê hy. In Afrikaans. En knipoog vir Oom Dawid. Dié straal.
Vriendelik, tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.