SAB World of Beer in Johannesburg bied ’n week se spesiale Valentynspakkette aan om die dag van liefde te vier.
Daar is twee pakkette beskikbaar – een is ’n toer en bierproewing, en die ander ’n bier en kos “pairing.”
Meer inligting:
Datums: Saterdag, 10 tot Saterdag, 17 Februarie 2o18
Tye: 13h00 – 16h00 (Bierproewing en -toer)
13h00 – 16h00 (Kos en bier-“pairing”)
Plek: SAB World of Beer, Newtown, Johannesburg
Koste: R360 per paartjie vir die Bierproeing en toer
R1 000 per paartjie vir die Kos- en Bier-“pairing”. Sien hieronder die Valentynsdag-middagetespyskaart wat geldig is vir 17 Februarie alleenlik.
Spyskaart vir 17 Februarie 2018
Die kos-en-bier-“pairing” bied aan paartjies die geleentheid om ’n reis van geure en aromas mee te maak met ses biere wat elk voedselpasmaats het.
SAB se handelsbrouer, Anton Erasmus, sal gaste deur ’n vyfgang-maaltyd en bierproe lei. Die spyskaart lyk soos volg:
- Gerookte salmrosette op geroosterde bruschetta met roomkaas en diepgebraaide kappertjies gepaar saam met Flying Fish Lemon
- Aarbei-sorbet
- Snye springbokfilet op romerige aartappelsmoes met ’n pienk-peperkorrelsous, pêrelgroente en krakerige pancetta gepaard met Carling Blue Label.
- Diepgebraaide gekrummelde camembert-kaaswiggies met rooi-uie marmelade bedien saam ’n mini-baguette. Hierdie sal gepaard gaan met Carling Black Label.
- Dekadente sjokoladebruintjies met espresso-anglaise, bessiecoulis, vanieljeroomys en ’n phyllo-deeg waaiertjie saam met Castle Milk Stout en Fransen Street Cream Ale.
Die laaste besprekings sal aanvaar word om 12h00 op die Vrydag voor die geleentheid om te verseker dat provisie voldoende is.
Kaartjies is beskikbaar by webtickets. SAB World of Beer kan ook direk gekontak word by 011 836 4900 of by [email protected].
Let wel dat geen onder 18’s toegelaat sal word by enige van die twee geleenthede nie.