Sestig jaar ná die herdinking van vroue wat teen die paswette betoog het, bied LAPA Uitgewers aan die lesers van Eersterus vier formidabele vroue ter viering van Vrouedag, asook die maand Augustus wat op vroueregte fokus.
Op 13 Augustus gaan Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker, Sophia Kapp en Santie van der Merwe optree by die Eersterusbiblioteek.
Die behoefte het ontstaan toe Caroline Marobie, LAPA se ontvangsdame, Santie van der Merwe se boeke gelees het en gevra het of Santie nie vir haar en haar vriende wou kom toespreek nie? Eersterus is nie ’n ryk gemeenskap nie, maar hulle lees.
Die program is soos volg:
- Fatima Abdul gesels met die Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker van Kook saam Kaaps
- Christelle Webb-Joubert gesels met Sophia Kapp (Oorlewingsgids van ’n bedonnerde diva) en Santie van der Merwe (Anderkan vergeet)
Die verrigtinge begin om 09:30 by die Eersterus-biblioteek en word tussen 10:00 en 11:00 regstreeks op RSG uitgesaai.