kategorieë: Gesondheid

Vier redes waarom kougom goed is vir jou

Kougom met xylitol is so goed vir jou dat dit so amper as medisyne eerder as lekkergoed kwalifiseer. Hier is vier goeie redes om xylitolkougom aan te skaf:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Dit keer oorinfeksies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Splinternuwe ondersoek deur die Universiteit van Toronto wys dit verminder die voorkoms van oorinfeksies met 25% – goeie nuus as jou kind hiermee sukkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ses uit elke tien kinders kry oorinfeksie voor hul eerste verjaardag en teen ses het byna alle kinders al oorinfeksie gehad – pynlike infeksies wat met strek antibiotika soos penisillien behandel moet word.

Jy kan die gebruik van onnodige antibiotika systap – of ten minste soms systap – as jou kind kougom met xylitol teen 10-12gram per dag kan kou sodra ’n verkoue begin kop uitsteek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vermoedelik help die kou-aksie die buise van Eustachius oophou sodat die oorvog kan wegdreineer. Xylitol is ook antibakterieel en keer dus bakteriële groei, soos ’n antibiotika.

2 Dit verminder tandbederf met rondom 30%

Soveel ondersoeke bevestig dit dat die American Dental Association in ’n posisieverklaring aanbeveel dat ons kougom en suiglekkers met die versoeters xylitol, sorbitol en mannitol gebruik.

Jy – en jou kinders – moet steeds tande borsel en tandarts toe gaan maar ’n kougom na ete by die werk of na skoolkos is ’n goeie opsie wanneer jy nie kan tande borsel nie.

3 Dit herstel tande

Maar xylitol keer nie net tandbederf nie. Dit keer dit ook om, soos talle ondersoeke wys, waaronder ’n Japannese een waar tandemalje onder die elektronmikroskoop bekyk is. Dit help deur tandminerale soos kalsium terug in jou tandemalje te sit.

4 Jy baat jare en jare lank

Die beste nuus omtrent xylitol is dat die tandversterkende effek jare lank hou. So wys opvolgondersoeke dat mense drie en selfs vyf jaar na ’n tyd van xylitolgebruik nog steeds minder tandbederf het as mense wat nie xylitol gebruik het nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: kougom

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.