Vier Kersfees met Die kykNET Kersfeesblyspel

Dis Oukersaand en gemoedere loop hoog in ’n huis waar familie en vriende bymekaar kom. Die gasvrou besluit om die situasie te beredder en stel voor hulle voer die Kersverhaal uit. Elkeen kry ’n rol om te vertolk en so begin die eeuoue verhaal voor ons oë afspeel …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Só begin kykNET se Die kykNET Kersfeesblyspel wat spesiaal vir hierdie Kersseisoen vervaardig is en met groot name in Afrikaanse musiek, legendariese akteurs en ’n asemrowende stel, is dit beslis ’n móét-kyk hierdie feestyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

(Photo by Cornel van Heerden) www.cornelvanheerden.com
(Photo by Cornel van Heerden) www.cornelvanheerden.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In Die kykNET Kersfeesblyspel is Early B te sien as die engel Gabriël, Willem Botha is die herbergier, Stephanie Baartman is sy vrou en Germandt Geldenhuys is die donkie. Ook in die rolverdeling is Rika Sennet as die Bethlehem-ster, André Schwartz as ’n wyse man, Leah as Maria en Hammie Wessels as Josef. Lynelle Kenned vertolk verskeie karakters, waaronder Maria se vriendin, Babette en ‘n ster, Gemma.

(Foto: Cornel van Heerden)
www.cornelvanheerden.com

Die verhaal word deur interessante, moderne verwerkings van geliefde Kersfeesliedjies vertel met twee kinders met engelstemme, Albert Lintvelt en Alpe Lewis, wat ook ’n bydrae lewer. Die sangers is deur ’n sewestuk-orkes begelei en Kersfeesblyspel is voor ’n gehoor by die Mosaïek-gemeente in Johannesburg opgeneem.

“Dit was die lekkerste tyd nog ooit in my lewe,” sê jong Albert. “As ek die laaste tyd in een woord kon opsom, is dit dankbaarheid. Dankie dat ek deel van die Kersfeesblyspel kon wees.”

“Wat ’n fees! Alles was so lekker en die mense saam met wie ek kon sing en werk was ’n plesier. Die kykNET Kersfeesblyspel het my baie gelukkig gemaak,” sê Alpe.

(Photo by Cornel van Heerden) www.cornelvanheerden.com
(Photo by Cornel van Heerden) www.cornelvanheerden.com

Dit was nie net die kinders wat nie uitgepraat kon raak oor Kersfeesblyspel nie. Germandt Geldenhuys sê: “Die hoogtepunt was om saam met ’n volle orkes al die mooi Kersmusiek te kon sing. Kykers kan uitsien om die alombekende Kersverhaal in ’n heel, nuwe en unieke manier te sien. Hulle gaan ook blootgestel word aan pragtige musiek, asemrowende stelontwerp en ’n wonderlike ensemble spelers.”

“My hoogtepunt was dat kykNET my gevra het om met ’n konspep op te kom en dat ek dit kon deursien van begin tot einde; van die keuse van sangers tot regie,” sê André Schwartz. “Dan natuurlik ook die voorreg om saam met ’n ongelooflike rolverdeling ’n verhoog te deel en Janine Neethling se beeldskone verwerkings. Ook die vervaardiger, Soné Combrinck, en regisseur André Velts wat die mooiste prentjies bymekaar gesit het.”

“Behalwe om saam met die ander kunstenaars te werk, was nog ’n spesiale oomblik aan die einde van die konsert toe ons saam met die gehoor Kersliedere kon sing,” sê Stephanie Baartman. “Die twee kinders is natuurlik opvreetbaar en ek dink hulle gaan ons almal oorskadu!”

(Photo by Cornel van Heerden)
www.cornelvanheerden.com

Wat kan kykers verwag?

“Die mooiste musiek waar ons Jesus se verhaal op ’n baie unieke manier vertel,” sê Willem Botha. “Dit is die perfekte manier om Kersfees te vier.”

Die kykNET Kersfeesblyspel word op 24 Desember om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai en sal ook op Sondag 25 Desember om 14:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai word.

Lees ook: Rugbydokumentêr huldig die 30 top-Springbokke van die laaste drie dekades

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.