Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

Deur Maretha Botes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir  National Geographic geneem. Met elke sending was sy opdrag om dít wat goed is in die wêreld, te vier. Hy het en dit het sy lewe verander. Op sy webwerf, celebratewhatsright.com, sê hy: “Elke dag sou ek foto’s sien wat gemaak het dat ek die lewe wou vier, en ek het gevind daar is soveel meer reg met die wêreld as verkeerd. Dit moedig my aan om die wêreld deur ’n positiewe lens te beskou.” Dewitt sê hoe meer foto’s hy geneem het, hoe meer het hy in hierdie manier van kyk begin glo. Hoe meer hy geglo het, hoe meer sou hy dit raaksien – dat daar altyd iets is om te vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tania Carriere, ’n blogger en ’n leierskapsafrigter, skryf dat om dit wat reg is in die lewe te vier, nie beteken om voor te gee daar’s nooit iets fout nie. “Om dit te vier wat reg en goed is, is my rusplek en my wegspringblok. Dit gee my krag en energie om dít wat verkeerd gaan aan te pak,” sê sy. Drie vroue vertel hoekom dit belangrik is om jouself, jou gesin en die natuur te vier.

Lees ook: Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vier jouself

Liezl Thom is ’n meester-transformasieafrigter. Sy sê om jouself te vier, beteken om tyd te maak om werklik dankbaar te wees vir jou lewe en seëninge. “Daar is verskeie redes waarom ons nie onsself vier nie. Ons is gekondisioneer om selfviering  as grootpraat en verwaand te sien. Daar is egter ’n reuseverskil tussen ’n ego-trip en ’n diep waardering vir jou lewe en prestasies.”

Sy glo negatiewe oortuigings en selfsabotasie keer ons dikwels om op ons lewens terug te kyk en te voel ons verdien die goeie wat met ons gebeur. Sy sê: “Soms glo ons alles moet eers perfek wees voordat ons dit mag geniet. Dit is soos om jou geluk uit te stel. Dit is dieselfde as die idee dat jy eers gelukkig sal wees as jy hierdie of daardie doelwit bereik het. As jy wag vir dinge om perfek te wees, sal jy nooit jouself vier en gelukkig wees nie.

Liezl sien ook  mense is bang dat hulle momentum en fokus sal verloor as hulle  ’n oomblik neem om hulself te vier.

“Om jouself en jou prestasies te vier, is ’n keuse en ’n hoogs persoonlike benadering tot die lewe. Ons is aan mekaar gesit om te leer deur te speel – nie net kinders nie, maar volwassenes ook. Een manier om jou sukses te vier, is deur dit pret te maak. Maak die reis na elke doelwit ’n prettige reis. Deur op jou suksesse te fokus, of wat jy van jouself hou, leer jy jou onderbewussyn om meer suksesstories in jou lewe raak te sien. Ons onderbewussyn gee ons meer van dít waarop ons ons aandag fokus. As ons fokus op die dinge om te vier, sal ons dit vind. Om jouself te vier, maak jou veerkragtig. Dit bied jou ’n  fondasie waarvandaan jy moeiliker tye beter kan hanteer.”

Sy sê ’n  goeie manier om jouself te vier, is om dagboek te hou. Skryf dít wat jy van jouself en jou lewe hou, en dít waarvoor jy dankbaar is, neer.  Nóg ’n manier is om jouself ’n blaaskans te gee. As jy oorwerk is en slegs fokus op die volgende taak op jou lysie, gee jy jouself nie tyd om die goed in die lewe te geniet nie. Maak seker jy maak tyd om dinge te doen waarvan jy hou en gee jouself toestemming om dit te geniet. Doen elke dag iets wat jou laat lag. Kinders skater gemiddeld 300 keer per dag teenoor volwassenes wat maar 17 keer ’n  dag lag. Bring  meer tyd saam met mense deur wat jou laat goed voel oor jouself. “Onthou, ons kinders volg ons voorbeeld. As hulle hoor hoe ons gereeld onsself kritiseer, sal hulle hierdie gedrag naboots. As hulle egter sien hoe ons onsself lief het en vier, gee ons hulle toestemming en maak ons dit vir hulle makliker om selfliefde te kweek,” sê Liezl.

Lees ook: Wees positief, leef langer

Vier jou familie

Emsia Kruger, haar man, Charl, en amper-tienerseun, Zander, het in 2019 Switserland toe getrek. Hulle moes hul twee volwasse kinders, Jacques en Christo, in Suid-Afrika agterlaat.

Emsia glo dat God die regte mense op jou pad stuur om jou op verskillende maniere lief te hê en te ondersteun. Haar familie en aangetroude familie is vir haar ontsettend kosbaar. Sy sê: “’n Seldsame werksgeleentheid in Switserland het in 2019 oor ons pad gekom. Geleenthede en uitdagings dans egter saam. Charl moes in ʼn nuwe Duitssprekende werksomgewing en Zander by ’n  internasionale skool met Duits en Spaans as nuwe tale, aanpas. Ek moes my twee oudste seuns en familie in Suid-Afrika agterlaat. Jacques, ’n tweedejaarstudent, en Christo, ’n matrikulant, moes vinnig op hul eie voete staan.

“Afstand en uitdagings het ons gehelp om met nuwe oë na mekaar te kyk,” vertel Emsia. Met bietjie perspektief sien ons nou innerlike krag en deursettingsvermoë, in plaas van tekortkominge, raak. Ek vertel my hartsmense hoe trots ek is wanneer ek sien hoe kreatief hulle te werk gaan om moontlikhede raak te sien en hulle hul talente aanwend om ʼn verskil te maak. My seuns sê meer gereeld: ‘Ek waardeer dit. Ek mis Ma. Ek is lief vir Ma.’

Emsia sê sy deel gereeld haar hart in briewe  aan familie en vriende by die huis en geniet die gesprekke, boodskappe, foto’s en musiek wat sy in ruil ontvang. “Ons het mekaar op ’n  dieper vlak leer ken en waardeer. Ek beskou dit as ’n voorreg om my ma se warm stem vol liefde te hoor en om saam met haar na RSG se eredienste te luister. My suster se humorsin is medisyne vir my siel.”

Emsia se liefdestaal is aanraking. “My hart het gejubel toe ek my seuns ná die Covid-tydperk op die lughawe weer styf teen my kon vasdruk. Ons is Suid-Afrika toe met tasse vol geskenke wat ons spesiaal vir elkeen uitgesoek het. Ons vier mekaar deur kosbare tradisies te vier, stories te deel en lekker saam te lag en te kuier. Dit is pure genot om saam nuwe plekke en dinge te ontdek en so herinneringe te bou.

“Familielede is ondersteuners en getuies van ons elkeen se unieke lewensreis. Ons is dankbaar vir mekaar, en vier mekaar as individue en familie!”

Lees ook: Jy kan jou kind swaarkry help verwerk

Vier die natuur

Erica Terblanche, uithou-atleet en stigter van Thrive Guru, sê in ’n samelewing waar verstedeliking teen ’n geweldige pas toeneem; werksdruk en stres sy tol eis en mense doodeenvoudig tussen die stad se betonmure vasgevang raak, is dit juis belangrik om tyd in die natuur deur te bring.

“Ons is geneig om aan die natuur as iets heeltemal apart te dink  –  dis buite en ver van ons af. In werklikheid is ons liggame een van die grootste natuurlike wonders. Dink net daaraan hoe jou selle funksioneer en hoe mitochondria energie wek. Jou organe in jou liggaam hou jou aan die lewe, maak dit moontlik vir jou om te beweeg en om jou gevoelens te voel.  Dit is dus belangrik om te besef dat die natuur nie ver verwyderd is van ons af nie, maar deel van ons is,” sê Erica.

Erica kan nie vir haarself ’n lewe voorstel waarin sy nie daagliks op een of ander wyse tyd in die natuur bestee nie. Deur haar onderneming, Teach a girl to fish, neem sy groepe mense (dikwels slegs vroue) op ’n  vyfdagkajaktog na Griekeland se Mediterreense waters. “Die magic begin wanneer hierdie klomp vroue, met besittings wat in twee skoenbokse kan pas, begin roei en hulself op ’n baie basiese manier aan die natuur oorgee. Ons het nie spieëls vir mooimaak nie. Ons leef uit ons bote en ons moet met wat ookal die see na ons toe kom, hanteer. Soms is dit ’n spieëlgladde wateroppervlak, soms is dit storms. Ons gaan slaap wanneer die sterre opkom, en staan op wanneer die son se eerste strale wys. Ná vyf dae wat jy so op die natuur se ritme ingestel is, is jy skoon gewas. Jy is skoon gewas van enige stres wat deel van die ‘beskawing’ is. Skoon van die stres wat selfone en konstante blootstelling aan te veel inligting bring. Op dié eenvoudig manier van saamwees, raak mense van hulself bevry. Al wat daar is, is die natuur, die see, en die natuur se ritmes. Weet jy, ek let elke keer dieselfde ding op: Hoe langer mense só in die natuur is, hoe mooier word hulle! Ek dink dit gaan oor die suiwer manier van leef, eet en wees. Dit is die ontsettende krag van die natuur. Dit is helend en bevry ’n mens van chroniese stres.”

Erica sê as jy in ’n  dorp of stad woon kan jy steeds daagliks in die natuur kom. “Daar is altyd ’n  manier,” sê sy. Sy het ’n tyd lank in Londen gewoon. Daar het sy soms, wanneer die Teemsrivier se vlak gesak het, met die noodtrap tot op die sandbank afgeklouter sodat sy net na aan die water kon wees. “Of gaan soek ’n stukkie groen waar jy rustig kan word. Gaan eet jou middagete buite, liewer as in jou kantoor of in die kafeteria. Maak ’n plan,” sê sy.

Lees ook: Jy’s g’n vloerlap nie! Hier’s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel

Om die lewe te vier, dit wat ons mens maak, verg ’n kopskuif, ’n bewuswording, en ’n leef-in-die-oomblik-denkwyse. Sit agteroor, gryp jou pen en dagboek, gaan soek die stukkie groen en gee jou geliefdes ’n luitjie. Vier jou bestaan en word weer lewendig!

Lees ook: Vriendskappe het ook vervaldatums: Is dit tyd om aan te beweeg?

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Nuwe gesig in ‘Skemergrond’: ‘Kirby bring baie pret én hartseer saam met haar’

Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak…

3 hours Gelede

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

3 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

3 days Gelede

Tamatietert

Hierdie is my vriendin Anita se smullekker resep. Genoeg vir vier.

3 days Gelede

Oosterse waatlemoenslaai

Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Mienke Ehlers oor haar rol as ‘Suidooster’ se nuwe waaghals

Die geliefde kykNET-sepie Suidooster kry binnekort ’n opwindende nuwe toevoeging wanneer die talentvolle Mienke Ehlers…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.