kategorieë: WenkeSkoonheid

Vier die feestyd met Justine se geskenkgids

Vier die feestyd met Justine se geskenkgids inligting en foto’s verskaf. {Geborg}

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Of dit geskenke vir hom of haar is, of sommer net ’n ietsie kleins vir die Kerskous, jy is beslis by die regte plek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Geskenke vir haar

Son, see en strand

Dis tyd vir strandklere! Rond jou strandvoorkoms met die pragtige Caren-reeks af. Hierdie vierstuk-reeks is ook perfek om sommer net langs die swembad te ontspan.

Die Caren-reeks bestaan uit die Caren-strandsak (R329), groot Caren-hoed (R199), Caren-sarong (R199) en Caren-gordel (R179).

Soetelief

Justine stel hul eerste reeks gegeurde kerse en geurverspreiders, Dark Orchid, bekend. Dié geur bevat die ryk geure van vye, vanielje en orgidieë om van jou huis ’n tuiste te maak. Kies tussen ’n beperkte uitgawe geurverspreiders of gegeurde kerse.

Stel van 2 Dark Orchid-votiefkerse – R169

Dark Orchid-geurverspreider met blomstokkies – R199

Geskenke vir hom

’n Ryk, manlike geur vir hom

Carpe Diem Access is ’n warm en manlike geur met note van neutmuskaat en viooltjieblare en ’n basis van sandelhout.

Kry die stel van drie (deodorant, sproei en parfuum) vir R279 of die reisgrootte parfuum vir R195.

(Aanbod slegs beskikbaar gedurende November 2019.)

Dra dit saam!

Die stylvolle Charlie-rugsak is hierdie feestyd die perfekte bykomstigheid vir hom. Met goudkleurige gespes, duursame dra- en skouerbande en twee veilige sysakkies, is hierdie kunsleerrugsak vir seker ’n wenner onder die Kersboom.

Die Charlie-rugsak – R499

Geskenke onder R200

Kies jou vorm

Die stel Luxe-oorbelle bestaan uit drie pare oorbelle, die kleur van roosgoud en versier met glinsterende diamanté wat die koppe sal laat draai. Die oorbelle is rond, driehoekig en in die vorm van ’n sneeuvlokkie. Elk is sowat 1 cm in deursnee.

Die Luxe-oorbelle – R129 (3 pare oorbelle)

Dra die vintage-sjiek voorkoms

Die Alyssa-oorbelle is donkersilwer met nagemaakte smaragstene en grys diamanté. Beslis ’n goeie kopie teen R129.

Die Alyssa-oorbelle – R129

Geskenke onder R400

Die goue standaard

Imperia se geur is een wat jou omhul in suiwer luuksheid met sy note van jasmyn, lemoenbloeisels en ’n basis van vanielje en sandelhout.

Imperia Eau de Parfum (50 ml) en Parfum-lyfsproei (100 ml) en die Imperia-deodorant – R329 vir die stel.

(Aanbod vir stel slegs beskikbaar gedurende November 2019.)

’n Roos met ’n ander naam

Verlustig jou in Tabasheer Rouge se mengsel van roos-, vanielje- en rooibessiegeure met ’n houtagtige basis.

Tabasheer Rouge-lyfroom en Tabasheer Rouge Eau de Parfum – R299 vir die stel (+ gratis geskenksakkie)

(Aanbod slegs beskikbaar gedurende November 2019.)

Tyd om uit te staan

Die Jenise-horlosie is ’n pragtige, silwerkleurige horlosie versier met diamanté en met ’n bandjie van metaalskakels en dekoratiewe wysers. Dra dit saam met formele of informele uitrustings om jou styl te komplementeer.

Die Jenise-horlosie – R379

Luukse-geskenke vir hom en haar

Middernagverleiding

Amandel, kokosneut en vanielje is gekombineer om Midnight Eau de Parfum te skep; ’n verleidelike geur om jou nog begeerliker te maak.

Midnight Eau de Parfum (50 ml) – R285

Op reis

Die Coco-reis- en handsak, gemaak van kunsleer, is perfek vir die gesofistikeerde vrou. Die Coco-reissak het twee duursame handvatsels en ’n verstelbare skouerband. Die sak het ook ’n nuttige skoenkompartement.

Die Coco-handsak het ’n dubbele skouerband, binneste sakke en tosseldetail. Die handsak het ook ’n verwyderbare Justine-sakkie.

Die Coco-reissak – R529 | Die Coco-handsak – R399

’n Horlosie-en-armband stel vir hom en haar

Silwer en roosgoud kleure het nog nooit so mooi saam gelyk nie! Gee die geskenk van tyd en kry die Chris-horlosie-en-armband-stel en die Kristin-horlosie-en-armband-stel vir ’n spesiale paartjie. Slegs R399 per stel.

Die Chris-horlosie-en-armband-stel bestaan uit ’n silwerkleurige horlosie met ’n metaalbandjie en vlootblou gesig. ’n Bypassende kunsleerarmband voltooi die stel.

Die Kristin-horlosie-en-armband-stel bestaan uit ’n roosgoudkleurige horlosie met ’n wit gesig en ’n metaalbandjie. Die bypassende roosgoudkleurige armband voltooi die stel.

Albei stelle het ook ’n geskenkboksie.

Vir die Kerskous

Tien uit tien

Hierdie klein pedikuurstel van Justine is ’n goeie manier om die Kerskous vol te maak. Die stel bevat sponsies om tussen jou tone te sit, ’n naelborseltjie, stokkie om naelvliesies terug te druk, naelvyl, naelknipper en drasakkie.

Justine klein pedikuurstel – R79

’n Ware bloeisel

Die vrugte- en blommenote van Tabasheer Bloom omhels delikate vroulikheid.

Die Tabasheer Bloom 10 ml Eau de Parfum (R99) is boonop perfek vir die Kerskous. As jy wil, kry sommer ook ’n stel van die Tabasheer Eau de Parfum (10 ml), lyfsproei (100 ml) en deodorant (50 ml) vir slegs R129.

(Aanbod vir stel slegs beskikbaar gedurende November 2019.)

Om aanlyn te koop of jou naaste konsultant op te spoor, besoek die Justine-webwerf en volg Justine op Facebook en Instagram.

Loer hier vir nog lekker skoonheidsprodukte

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

1 day Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

3 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.