Ziggy die bestralingsmasjien byt. Sy lyk maar so onskuldig daar waar sy in die bunker staan soos ’n goedige wit olifant. Mens sien haar bytmerke aan die vel op die teikenareas. Dit lyk soos kwaai sonbrand. Vir die eerste keer in my lewe het my melkwit vel ’n tan. Ek noem dit my Apache tan. ’n Patchie hier en ’n patchie daar. Norman, een van my kollegas, noem Ziggy my sonbed, en hy is wraggies reg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Soos met enige ordentlike sonbrand is die vel nie gelukkig nie. Daar is nou stukkende plekkies oraloor die teikenareas en die vel is uiters gevoelig. Ek oorweeg dit sterk om sonder ’n bra te slaap sodat dit minder seer kan wees. Maar nee, die gevolge kan te komieklik wees. Sien, ek verkies dit om op my maag te slaap, en as mens net een boobie het beteken dit dat jy so half afdraande gaan lê aan die een kant. Ek voel seesiek as ek net daaraan dink. Dan eerder maar pynpille sluk en die fênsie Italiaanse salfies dik aanplak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die onkologiesentrum het ’n manier om ’n mens nederig van dankbaarheid te hou. Gister sit daar ’n lieflike vrou oorkant my en wag vir haar beurt om deur Ziggy gezap te word. Die verkleurde vel beslaan die een kant van haar nek en die een helfte van daardie beeldskone gesig. Daar is vir my gesê dat die verkleuring permanent is. Om haar onthalwe glo ek dat dit nie so is nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Later stap daar ’n vrou in met ’n reusegroeisel aan haar kaak, haar gesig misvorm. Haar oë ontmoet myne vriendelik terwyl sy groet. Ek wil my arms om haar gooi en haar troos, al lyk dit asof hierdie Amasone hoegenaamd geen troos nodig het nie. Geen mens kan ooit voorbereid wees vir so iets nie en tog het dit met haar gebeur. Dit is sekerlik net God se genade wat mens daardeur kan dra, wat maak dat jy sonder selfbewustheid vreemde mense in ’n wagkamer kan groet.
Ek weet nou al mooi wat om te doen nadat ek my hemp en bra uitgetrek het in die bunker. Hoe om te lê. So half op die rand van die tafel, met my regterarm bo my kop uitgestrek. Daar is drie houers waarin jou arm pas en ek weet ek lê reg wanneer my arm seerkry. My vel het gekrimp, voel dit vir my. Wanneer ek strek, voel dit asof die vel nie wil saamwerk nie. Vandag word daar x-strale ook geneem. Dit voel asof ek vir ’n ewigheid op die tafel lê terwyl Ziggy haar zz-geluide maak en my sonbrand seerder word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Nog net vier dae se bestraling. Dis al.
Op pad na my motor loop ek verby die vrou met die groeisel. Sy en haar man, geboë van die ouderdom, stap hand-aan-hand in die sonlig. Hy glimlag terwyl sy vir hom iets sê. Sy beduie na ’n boom en hy sê iets van die herfs. Hulle is één in gees en geen siekte kan dit verander nie.
Miskien moes ek maar gehoor gegee het aan daardie impuls om albei van hulle ’n drukkie te gaan gee. Want mense soos hulle maak mens week. Miskien moes ek vir hulle gaan sê het dat hulle die krag van die mens se gees vergestalt. Dat hulle liefde tasbaar maak. En God se almag.
Fisiese ongemak is betekenisloos langs dít wat ek op hierdie bestralingsdag gesien het. Dankie vir nog ’n les, Heer. Aan U al die eer.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.