BoekeJol 2016 is vanjaar ingelei met ’n feestelike KronkelKuier by Stephnies Restaurant in Lynnwood Bridge. ’n Paar skrywers het die geleentheid bygewoon en terwyl daar heerlik gekuier is, is voorlesings aangebied en musiek gemaak.
Sophia Kapp is benewens skrywer ook voltyds taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VIVA) en lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Dié romanskrywer se opinie oor lees is:
“Lees is die beste manier om die beperkings van jou eie leefwêreld te oorkom. As jy hartseer is, swaarkry, eensaam is of vasgekluister is, kan jy ontsnap deur jou vir ’n uur of ’n dag in die alternatiewe werklikheid van ’n storie te gaan tuismaak.”
Sophia, wat ook tydens die BoekeJol aan ’n boekbespreking en ’n praktiese skryf van stories deelgeneem het, herinner jongmense om met onderskeiding en oordeel te lees wanneer hulle die internet as ’n bron van inligting aanwend.
Kyk hier na ons video-onderhoud met Sophia:
Die bekroonde skrywer Bettina Wyngaard gee deur haar reswerk én skryfwerk ’n stem aan diegene wat nie namens hulself kan praat nie.
Lees hier: Bettina Wyngaard praat vir die stemloses.
Kyk hier na ons video-onderhoud met Bettina by die BoekeJol- en FilmRolfees 2016: