Op vyftig lyk Julia Roberts nie baie anders as toe ons haar 28 jaar gelede in Pretty Woman leer ken het nie. Dié ma van drie is nog net so innemend en sprankelend en bekoor almal wat sy teëkom. Sy het ’n vlymskerp sin vir humor. Sy hou jou dop om te sien of jy haar grappie gesnap het, en beloon jou met haar stralende glimlag. Dis ’n onvergeetlike ervaring wat steeds die krag het om jou in jou spore te stuit. Ons Hollywood-korrespondent, Margaret Gardiner, het met haar in Londen gesels toe sy daar promosiewerk vir haar fliek Wonder gedoen het.
“Soms wil kinders net hê dat iemand na hulle moet luister. Jy hoef nie noodwendig emosioneel daarop te reageer nie”
Lees die volledige onderhoud in die Maart 2018-uitgawe van rooi rose en kyk hier na ’n eksklusiewe video-onderhoud: