kategorieë: Video'sOntspanning

Video: ‘n Oulike knapie en sy oulike(r) maatjie, ’n papegaai genaamd Jax!

Video: ‘n Oulike knapie en sy oulike(r) maatjie, ’n papegaai genaamd Jax! – Deur Zoë Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy ook onlangs die oulike video van ’n klein seuntjie genaamd Wyatt en sy beste maatjie, ’n pappegaai met die naam Jax, gesien? Ons het meer gaan uitvind oor hierdie twee vriende. Loer ook heel onder vir die video wat viral gegaan het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nick Phomkasornsri het vir Jax gekry toe sy slegs twee dae oud was. Jax, ’n Meksikaanse Amasone- papegaai, moes met die hand grootgemaak word en het hope liefde en versorging nodig gehad.

Nick het seker gemaak hy maak Jax op so ’n manier groot dat sy eendag in die natuur sal kan oorleef. En hoewel Jax vandag vry is om rond te beweeg soos sy wil, is sy nooit te ver weg van Nick of haar gunstelingseuntjie, Wyatt, nie.

“Ons het een oggend ’n oproep van ’n baie goeie vriendin van my gekry,” het Nick vertel. “Sy het my vertel dat haar suster ’n baba gehad het en dat sy nie vir die kind sal kan sorg nie. Sy het gevra of ons sou belang stel om hom aan te neem.”

Op dié oomblik het Nick en sy man, Steve Wiltgen, besef hulle kon nie die kans op ouerskap laat verbygaan nie. Hulle het Kalifornië toe getrek om klein Wyatt se pleegouers te word, maar het gou besef dat hulle Wyatt eerder op ’n plaas in Texas wil grootmaak.

Vandag woon Steve, Nick en klein Wyatt op ’n plasie in Bastdrop, Texas. Dié plaas is 6 ha groot en ’n veilige vesting vir verskillende diere.

Vyftig diere later, en die gelukkige gesin het so te sê ’n hele dieretuin op hul hande! Die twee pa’s het besluit om hul klein plasie in ’n diere-reddingsfasiliteit te verander en dit na hul seun vernoem. Op Wyatt’s Second Chance Ranch kan jy allerhande diere kry – van koeie, varke en bokke tot papegaaie, emoes en miniatuurperde. En raai wat? Klein Wyatt is lief vir elke liewe een van dié spesiale diere.

Maar niks kom by Wyatt se liefde vir sy beste maatjie die papegaai, Jax, nie. Jax het van die eerste dag af besluit dat Wyatt háár mens is en dat sy al haar tyd saam met dié klein blondekopseuntjie wil deurbring:

Ons is absoluut mal oor Wyatt en Jax se vriendskap en kan eenvoudig net nie genoeg kry van die twee ongewone vriende nie:

Volg gerus vir Nick op Instagram en wees deel van al die lekker, vreemde en wilde avonture van Wyatt en Jax!

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.