Bernice het ons voorbladvrou vir Junie 2017, Amalia Uys, se grimering gedoen en ons gewys hoe om maskara met behulp van ’n lepel aan te wend.
Ons hou daarvan om wenke te leer wat die lewe vir ons makliker maak. By Amalia se voorbladfotosessie het Bernice ons geleer hoe jy ’n lepel kan gebruik om maskara perfek aan te wend, sonder dat jy op jou ooglede mors.
Kyk hier na die video
Bernice se wenke en raad
- Sit die lepel net bo die wimpers en trek jou ooglid effens op.
- Dit sal jou help om die maskara geleidelik van die wortels na die punte van die wimpers aan te wend sonder dat dit klonte vorm.
- Dit krul ook die wimpers en help dat jy nie maskara op jou ooglede mors nie, en keer dan dat jou oogskadu afsmeer wanneer jy dit dan moet skoonmaak (want jy mors nie).
Volg Bernice Dodd op sosiale media: Facebook | Instagram | Twitter of besoek haar webblad