kategorieë: Bekendes

Video: Krotoa-film se amptelike lokprent vrygestel

KROTOA is reeds deur ses internasionale filmfeeste uitgekies waaronder die internasionale filmfees vir omgewing, gesondheid en kultuur; die wêreld-filmtoekennings se fees; die Artemis vroue in aksie-filmfees en die Nashville-filmfees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die film het sewe gesogte toekennings gewen insluitend ’n toekenning vir uitnemendheid by die internasionale filmfees vir vroue, sosiale aspekte en zero diskriminasie, ’n beste vertoning-toekenning by die Depth Of Field internasionale filmfees, ’n platinum-toekenning by die internasionale filmtoekennings, ’n diamant-toekenning by die wêreldfees vir filmmakers en ’n beste vertoning-toekenning by die The IndieFEST-filmtoekennings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vroue word dikwels in films as broos en kwesbaar uitgebeeld en soms word daar nie aandag gegee aan die impak wat hulle op ons land se geskiedenis gehad het nie. KROTOA is een van die vroue wie se impak dikwels vergeet word. Die film oor hierdie sterk vrou word in vrouemaand vrygestel om haar nagedagtenis te vier.

Die fliek is geïnspireer deur historiese feite en vertel die verhaal van ’n elfjarige meisie wat uit haar Khoi-stam verwyder word om Jan van Riebeeck (gespeel  deur Armand Aucamp), haar oom se handelsvennoot, te dien. Sy word in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie in die eerste vesting gevestig. Sy het mettertyd ’n visioenêre jong vrou geword wat die Nederlandse taal en kultuur so goed geken het dat sy ’n invloedryke tolk vir Van Riebeeck geword het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk hier na die amptelike lokprent van KROTOA:

KROTOA se karakter word vertolk deur Crystal Donna Roberts en die kyker word meegesleur deur die verhaal van die vrou wat uiteindelik deur haar eie Khoi-mense verwerp is en vernietig is deur die Hollanders in haar poging om ’n middeweg tussen die twee kulture te probeer vind.

KROTOA, geskryf deur Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, is geskep deur ’n dinamiese span vroue, met die bekende rolprentvervaardiger Roberta Durrant as regisseur en vervaardiger.

Dit is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentmaatskappy, Penguin Films, in samewerking met kykNET, die NFVF en die DTI.

Volg KROTOA op Facebook

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

13 hours Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

19 hours Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

20 hours Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

20 hours Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

20 hours Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.