kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Vetplante vir beginners

Vetplante vir beginners deur Cornel Dunn. Foto’s deur pixabay.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is 9 dinge wat jy moet weet om die mooiste, gesondste vetplant te versorg.

1. ’n Goeie houer is ’n moet

Hierdie is een van die belangrikste dinge wat sal verseker dat jou vetplant goed sal groei: Kies ’n houer wat goed dreineer sodat die plant nie verrot nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Jy kan altyd die houer in ’n groter, mooier pot plaas, maar plant die vetplant in ’n houer wat sal verseker dat jou plant oorleef.

Lees ook: Plante wat selfs beginners aan die groei kan kry

2. Kies die regte grond

Kies grond wat spesifiek vir vetplante bedoel is. Hierdie plante verkies ’n ligte grond wat vinnig dreineer. Gewone potgrond is gewoonlik te swaar en hou te veel vog binne.

#rrWenk: Gesels met iemand by die kwekery as jy nie seker is watter grond om te gebruik nie.

Lees ook: 3 tuinmaak-apps wat alle tuiniers van moet weet

3. Maak seker die plant is gesond voordat jy dit koop

Kies ’n plant met ’n mooi vorm en gesonde kleur. Dit moet insek-vry wees en geen dooie of verrotte blare hê nie.

Lees ook: Plant heerlike kruie vir jou voete

4. Hóé jy dit plant is belangrik

Haal jou vetplant versigtig uit die kwekeryhouer. Plant in die regte grond en maak seker die wortels is goed bedek.

#rrWenk: Moenie te veel grond insit nie, want dit sal mors wanneer jy die plante water gee.

Lees ook: Kweek jou eie groente

5. Dink aan Gouelokkies wanneer jy die vetplant water gee

Soos Gouelokkies het vetplante nét die regte hoeveelheid water nodig: nie te min nie, nie te veel nie. Gee net genoeg water sodat dit nie in die houer opdam nie. Dit kan wissel van een dag per week tot een dag in ’n paar weke.

#rrWenk: As die blare begin droog lyk, kort hulle nog water. As die blare pap word, gee jy te veel water.

Lees ook: Berei jou tuin voor vir reën

6. Dis lekkerder in die lig

Vetplante benodig vier tot ses uur se oggendlig per dag. In die somer kan dit soms nodig wees om hulle in die huis te sit om hulle teen fel sonlig te beskerm.

Lees ook: Die beste wenke vir binnenshuise plante

7. Kry die perfekte voeding vir jou vetplant

Soos alle plante, benodig vetplante ook goeie voeding. Vra by jou plaaslike kwekery na die perfekte voeding vir jou vetplante.

8. Oppas vir dié insekte

As jy enige meelagtige insekte by jou vetplante kry, vee die plant af met ’n wattestokkie wat in alkohol gedoop is. Neem andersins ’n foto van die pestillensies en kry raad by jou plaaslike kwekery.

9. Hou die temperatuur matig

Al is vetplante gehard, is hulle ook sensitief. Wintertyd moet jy eerder vir hulle ’n plekkie binnenshuis kry sodat hulle nie koud kry nie.

Lees ook: Plant slim, bespaar water

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

5 hours Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

5 hours Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

7 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

10 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

1 day Gelede

Tradisionele melktert

Vir 2 middelslagterte   Bestanddele   Deeg: 500 ml (2 k) meel 10 ml (2…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.