kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Verwyder slegte reuke in jou huis vinnig

Verwyder slegte reuke vinnig Deur Cornel Dunn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kos

Ligte reuke in ’n yskas wat nie behoorlik skoongehou is nie en reeds lank in die omtrek is, kan maklik skoongemaak word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verwyder eerstens die oorsaak van die reuk.

Maak seker om die die spens of koskas ook goed deur te kyk vir oorskiet kosbestandele.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nadat jy die area behoorlik skoongemaak het behandel die area met hierdie algemene produkte:

  1. Koeksoda: Maak ’n houer oop en plaas dit in die betrokke area.
  2. Koffiemoer: Plaas die koffiemoer in ’n vlak bakkie in jou huis. Dit sal dié tipe reuke elimineer.
  3. Witasyn: Bakkies witasyn kan reuke neutraliseer.
  4. Appelasyn: As die opwasbak ’n slegte reuk het, is dit heel moontlik afkomstig van die uitlaatklep. Gooi appelasyn in die opening af en raak so ontslae van die reuk.

Lees ook: Natuurlike maniere om van algemene tuinpeste ontslae te raak

Sigaretrook

In ’n huis waar iemand rook, kan die ou sigaretrookreuk oorweldigend raak. Nikotienreuk kan in die lug hang lank nadat die sigaretstompie – en selfs die gewoonte – geskiedenis is.

Probeer om eerstens met die reuk klaar te speel deur die mure en vensters met asynwater te was. Wag ’n dag of twee en herhaal. Indien die reuk nie verdwyn nie sal jy dalk drastiese stappe moet doen soos om jou mure te verf. Laat maak ook jou gordyne en stoffering professioneel skoon.

Lees ook: Die beste raad vir skoene wat sleg ruik

Troeteldiere

Stofsuig die area goed met ’n stofsuierverlengstuk. Die gewone stofsuier gaan nie soveel hare optel nie. Voordat jy stofsuig, sprinkel eers ’n deeglike laag koeksoda op die mat en wag ’n paar minute. Dit sal help om die reuk te neutraliseer. As voorkoming vir hierdie probleem, raak in die gewoonte om jou troeteldiere daagliks te borsel.

Lees ook: Raad vir voetswamme

Vroteier-reuk

Tensy iemand ’n vrot eier in die area gelaat het, is dit heel waarskynlik ’n gas-lekkasie. Verlaat onmiddellik die huis en bel ’n kundige.

Lees ook: Maak jou badkamer diep skoon. Ons wys jou hoe.

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.