Verwerkte kosse is besig om ons lewens te eis

Die feestyd is hier en dit beteken die winkelrakke kreun onder meer as net die gewone lekkernye – van lekkergoed vol suiker tot beskuitjies, koek en koeldrank. Al die versoekings maak dit moeilik vir die verbruiker om nee te sê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Oor die laaste 30 of 40 jaar het hoogs verwerkte en ongesonde kosse al hoe meer toeganklik en bekostigbaar geraak. Dit lei tot ’n wêreldwye styging in lewenstylsiektes, soos suikersiekte, hartkwale en vetsug – veral onder die arm en kwesbaarste van gemeenskappe en huishoudings,” sê Nzama Mbalati, ’n programbestuurder by die Healthy Living Alliance (HEALA). “Maatskappye in die kosbedryf teiken verbruikers veral rondom dié tyd met aggressiewe bemarkingsveldtogte waarin hulle kos bevorder wat dalk lekker proe, maar wat ’n lae voedingswaarde het. Ons wil graag verbruikers sterk aanmoedig om eerder op regte, onverwerkte kos oor die komende vakansietyd te fokus.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Groot uitdaging vir verbruikers is dat die etikette op die kos nie altyd duidelik of konsekwent is nie, wat dit moeilik maak om te weet wat werklik op jou bord is. Die bestanddele word baie keer in verskriklike klein skrif aangedui, en as jy nie ’n graad in die skeikunde het nie, is dit amper onmoontlik om te verstaan waaruit dit wat jy koop nou eintlik alles bestaan. Die ingewikkelde taal verdoesel verder die hoë hoeveelhede suiker, sout en vet in verpakte kosse – dit sluit ook die klomp chemikalieë in wat gebruik word om die kos se smaak te behou en te sorg dat dit ’n langer rakleeftyd het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nog ’n probleem is “gesondheidspoeling”. Daar is ’n groter aanvraag vir gesonde peuselhappies met die gevolg dat vervaardigers in ’n geding betrokke is om vir hulself ’n plek in die gesondheids- en welstandruimte te verseker, en hul bewerings van spesifieke gesondheidsvoordele te maak. Kosprodukte word as “hoog in proteïene” of “lae vet” bemark, maar baie van hierdie bewerings is misleidend. Daar is nie ’n een oorkoepelende beheerliggaam wat kos se etikettering bestuur nie, daarom is dit maklik vir bemarkers om verbruikers met halwe waarhede te mislei en so ’n vals indruk van die voordele van die produkte skep.

“Maak nie saak wat op die voorkant van die verpakking staan en wat dit jou belowe nie – dit sal jou cholesterol verminder of dit word van volgraan gemaak – ignoreer dit heeltemal,” sê Mbalati. “Hierdie boodskappe is bemarkingsbewerings en is misleidend. Kyk eerder na die kant of die agterkant van die pakkie. Alles aan die voorkant is slegs verkoopspraatjies; die tabel met die voedingswaardes en die lys bestanddele op, is die plek waar jy sal uitvind wat werklik in die produk is. Dis waar jy kan kyk hoeveel suiker, sout en vet dit bevat,” sê Mbalati.

Advertensies op die televisie, radio of sosiale media is sterk kanale om spys en drank te bemark, en bemarkers gebruik dit om verbruikers (veral kinders) te teiken met die hoop dat hulle so gesinne se koskeuses kan beïnvloed. Kosse wat baie verwerk is, is hoogs verslawend wat maak dat mense nog wil hê. Dit laat verkope en die vervaardigers se wins natuurlik veral oor hierdie feestyd styg.

“Niks keer maatskappye om ongesonde kos en drankies aan kinders aanlyn en op die radio en TV (veral tussen gewilde, gesinsvriendelike TV-programme) te bemark nie,” sê Mbalati. “Dit het ’n geweldige impak op watter kos ons kinders van hou, hul gedrag rondom dit en wat hulle alles eet. Dit dra tot ons nasionale midderif by.”

Vetsug en oorgewig is die hoofoorsake van lewenstylsiektes. Vetsug, ’n chroniese lewenstylsiekte, word met ander ernstige siektes verbind. In Suid-Afrika is 68% vroue, 31% mans en 13,5% kinders oorgewig of sukkel hulle met vetsug. Omdat vroue die ongelyke las van vetsug dra, beteken dit dat dit ook hul kinders se gesondheid beïnvloed.

Topwenke om minder suiker in te neem:

– Vermy gaskoeldranke en ander drankies wat met suiker versoet is. Dit is een van dié produkte wat die meeste bygevoegde suiker bevat.

– Eet eerder vrugte pleks van lekkers, sjokolade, koekies en ander soetgoed.

– Lees op die etiket wat die bestanddele is. Daar is baie keer suiker in produkte waarin jy dit die minste sal verwag, soos in pastasouse of toebroodjies.

– Bygevoegde suiker het klomp verskillende name wat dit moeilik maak om dit te verstaan. Wanneer jy die etikette lees, wees op die uitkyk na begrippe, soos mielieversoeter, mieliestroop, druiwesuiker, fruktose, glukose, hoëfruktose-mieliestroop, heuning, laktose, gouestroop, moutsuiker, swartstroop, rou suiker of rietsuiker.

“Daar is elke feestyd ’n klomp lekkernye wat jy steeds met matigheid voor oë kan geniet. Waar moontlik, kies minder verwerkte, lae-suiker-kos en eet eerder klomp vars groente, vrugte (veral bessies) neute en sade, vis, seekos en olyfolie. Vermy gaskoeldrank en beperk jou alkoholverbruik, want mengeldrankies bevat dikwels ook baie suiker. Besluit mooi oor wat jy eet en drink hierdie vakansie en begin jou nuwe jaar dan sommer op ’n gesonder noot,” sê Mbalati.

Besoek www.whatsinourfood.org.za vir meer inligting oor hoe jy gesonder koskeuses kan maak.

Lees ook: Laekoolhidraat-wraps

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die Desember-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Suzette en Skye: Sielsmaats met die liefde saamgesnoer    Suzette van der Merwe…

21 hours Gelede

Van ‘slop’ tot ‘demure’: Hier’s die ses woorde wat meeding om Oxford se Woord van die Jaar

Vanjaar se kortlys, wat van dié jaar se gemoedstoestande en gesprekke opsom, is deur OUP…

22 hours Gelede

Hoe om beter met jou lewensmaat te kommunikeer

Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n…

24 hours Gelede

Hoendergereg in romerige tamatiesous

Deur Rediscover Dairy   Voorbereidingstyd: 5 minute  Gaarmaaktyd: 20 minute  Bedien: 4 porsies  Porsiegrootte: 300…

24 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Riaan Grobler, ’n meester van musiek en stories

Riaan Grobler, ’n geliefde radio-omroeper by Pretoria FM asook bekende skrywer en sanger, bewys weer…

1 day Gelede

Lamskenkel-en-waterblommetjie-bredie

Bestanddele   45 ml (3 e) olie 4 klein lamskenkels, die sening afgesny 2 wortels,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.