Versorg deur Mariette Snyman
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Wat presies is die Nasionale Kwalifikasieraamwerk – die National Qualifications Framework, of NQF?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Suid-Afrika het ’n register van alle kwalifikasies wat deur SAQA (die South African Qualifications Authority) bestuur word, en hierdie register word die NQF genoem.” Só sê dr Felicity Coughlan, direkteur van The Independent Institute of Education, ons land se grootste private hoër onderwysverskaffer
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Een van die NQF se funksies is om die publiek teen bedrieglike opleidings- en onderwysverskaffers en onbruikbare kwalifikasies te beskerm. ’n Kwalifikasie wat nie geregistreer of geakkrediteer is nie, is nie op die NQF nie.”
“In Suid-Afrika is ons gelukkig genoeg om streng voorwaardes te hê waaraan opvoedinginstansies en opleidingsverskaffers moet voldoen. As jy wil gaan studeer, moet jy eers ’n paar belangrike vrae vra. As ’n instelling nie duidelike antwoorde op jou vrae kan verskaf nie, moet jy op jou hoede wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
1. Dit ’n minimum kredietwaarde van 120 het, en
2. By die NQF geregistreer is met ’n NQF ID-nommer wat soms ’n SAQA ID-nommer genoem word.
“Die kortste moontlike kwalifikasie duur normaalweg een jaar, omdat 120 krediete ’n jaar se studie verg. ’n Graad behels normaalweg 360 krediete, ensovoorts. As die studieduur nie hiermee in lyn is nie, is jy nie besig om ’n graad of ’n diploma te verwerf nie. Dan is jou studie bloot ’n kortkursus. As ’n Suid-Afrikaanse instelling jou dus ’n diploma bied ná drie weke se studie, is dit nie wettig nie, en moet die rooi ligte flikker.”
“As ’n opvoedingsinstansie ’n voornemende student nie van ’n program se NQF ID-nommer kan voorsien nie, moet daar omsigtig opgetree word; dan is dit nie ’n Suid-Afrikaanse kwalifikasie nie.
“Indien ’n instelling wel ’n NQF ID-nommer voorsien, moet die voornemende student dit steeds verifieer: gaan soek dit by http://regqs.saqa.org.za/. Gaan die kwalifikasie se vlak en kredietwaarde na, en stel vas wat dit behels. Dan kan jy hierdie inligting vergelyk met die bemarkingsmateriaal wat jy ontvang het om seker te maak hul beloftes en die werklikheid stem ooreen.”
Volgens Coughlan word kwalifikasies slegs op die NQF geregistreer indien hulle nagegaan en geakkrediteer is deur die Kwaliteitsraad (Quality Council) wat statutêr hiervoor verantwoordelik is.
1. Umalusi is verantwoordelik vir kwalifikasies op skoolvlak, wat gelyk is aan vlak 1 tot 4 van die NQF.
2. Die Raad vir Hoër Onderwys (Council on Higher Education of CHE) is verantwoordelik vir hoër (post-sekondêre skool) onderwyskwalifikasies. Hulle lê op vlak 5 tot 10 en word aangebied duer geregistreerde private hoër onderwysinstansies en openbare universiteite.
3. Die Quality Council for Trades and Occupations (QCTO) hanteer loopbaanopleiding en onderwys van vlak 1 tot vlak 6. Dis oorvleuel met Umalusi en die Raad van Hoër Onderwys, maar hier val die klem op die ambagte en beroepe, van loodgieters tot sjefs en selfs sekere aspekte van rekenmeesterswerk. Hierdie kolleges staan bekend as TVET – Technical Vocational Education and Training Colleges, in die verlede FET (Further Education and Training) Colleges genoem.
“Die vlak waarop ’n kursus op die NQF lê, is ’n aanduiding van hoe ingewikkeld die vakmateriaal is. ’n Doktoraal val op vlak 1, terwyl vlak 4 gelyk is aan graad 12 op skool.
“Slegs geregistreerde private en openbare instellings kan kwalifikasies wat op die NQF is, aanbied, terwyl beide private en openbare instellings kursusse op alle vlakke kan aanbied met goedkeuring van al die kwaliteitsrade. Dit beteken die enigste verskil tussen openbare instellings (universiteite) en private hoër onderwysinstansies – wat weens sekere regulasies nie na hulself as private universiteite mag verwys nie – is dat die openbare instellings subsidies van die regering ontvang, terwyl die private instansies dit nie ontvang nie.”
“As jy byvoorbeeld ’n sjef wil word, moet jy ’n private of openbare kollege vind wat deur die QCTO geakkrediteer is en as ’n private of openbare TVET College geregistreer is met ’n kwalifikasie op die NQF.
“As jy eerder ’n hoër onderwyskwalifikasie wil kry soos ’n graad, diploma of hoër sertifikaat (Higher Certificate), kan jy die geleenthede by enige van die land se 26 universiteite of 116 geregistreerde private hoër onderwysinstansies ondersoek.”
Daar is ’n volledige lys van al die geregistreerde private kolleges en hoër onderwysinstansies by www.dhet.gov.za/SitePages/DocRegisters.aspx
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.