kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Verstaan die sterwensproses: 13 dinge wat jy dalk nie weet nie

Verstaan die sterwensproses: 13 dinge wat jy dalk nie weet nie deur Mariette Snyman. Foto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie artikel is ’n byvoeging tot die artikel “Ek was dáár toe sy dood is” in die Oktober 2018-uitgawe van rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Was jy al by toe iemand na aan jou gesterf het? Vra maar rond – baie volwassenes het die dood nog nooit eerstehands beleef nie. Kennis is mag; dit verdryf die vrees vir die onbekende. Hierdie 13 dinge kan jou dalk net help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Die liggaam volg ’n natuurlike proses as voorbereiding om die siel te laat gaan. Ons kan gerus wees dat die liggaam “weet wat om te doen” en die proses vertrou.

2. Die sterwensproses kan ure of dae lank duur. Niemand kan presies voorspel wanneer die laaste oomblik gaan aanbreek nie, selfs as die tipiese tekens dat die persoon se lewe op ’n einde is daar is.

3. Daar is twee sterffases: die eerste, kliniese dood, vind plaas wanneer die persoon se hart ophou klop. Ongeveer vier tot ses minute later begin die breinselle weens die verlies aan suurstof sterf, en dan vind biologiese dood plaas. Opwekking (resuscitation) is slegs moontlik tydens die kliniese fase.

4. ’n Sterwende wil dikwels min of geen voedsel of vloeistof inneem nie. Die liggaam het dit nie meer nodig nie. Stukkies ys in die mond kan verfrissend wees, of die lippe of voorkop kan met ’n klam lappie afgevee word.

Baie volwassenes het die dood nog nooit eerstehands beleef nie

5. Die hande, arms, bene en voete mag toenemend koud voel wanneer hulle aangeraak word. Die velkleur mag ook verander. Die persoon moet met sagte komberse warm gehou word. Soms kan die persoon se normale liggaamstemperatuur egter styg pleks van om te daal.

6. Die persoon kan meer slaap, minder reageer of kommunikeer, en moeilik wakker gemaak word.

7. Die persoon mag verward raak en nie weet waar hulle is of watter tyd van die dag dit is nie. Praat normaal maar duidelik. Jy kan jouself identifiseer wanneer jy begin praat.

8. Wanneer iemand besig is om te sterf, verlaag die bloeddruk en word minder suurstof na die organe vervoer. Die liggaam reageer hierop deur na asem te snak in ’n poging om die asemhalingstempo te herstel. Dit kan omstanders ontstel, maar is normaal.

Veranderinge in asemhaling dui dikwels aan dat die dood voor die deur is

9. ’n Gebrek aan suurstof mag ook rusteloosheid veroorsaak. Sommige sterwendes pluk aan die lakens of hul klere. Praat kalmerend met so iemand, speel sagte musiek, lees iets voor of masseer die persoon se voorkop liggies.

10. Hoewel dit nie wetenskaplik bewys is nie, word daar wyd aanvaar dat die gehoor die laaste sintuig is om te gaan. Daarom is dit wys om tot op die einde op ’n positiewe, liefdevolle manier met die sterwende te bly praat.

11. Veranderinge in asemhaling dui dikwels aan dat die dood voor die deur is. Moenie bekommer wanneer die persoon 15 tot 20 sekondes lank ophou asemhaal, roggelgeluide maak of vinnig en vlak asem haal nie.

12. Wanneer iemand sterf, beheer die brein beheer nie meer die spiere in die blaasnek of ringspier nie. Sodra die spiere ontspan, kan die persoon urineer of ’n stoelgang hê.

13. Hoewel die liggaam dood is, kan sekere dele nog aktief wees. Lewendige bakterieë, veral in die dermkanaal, speel ’n rol in die ontbindingsproses en veroorsaak die sogenaamde “doodsreuk”.

Bronne: www.crossroadshospice.com en www.everydayhealth.com

Lees ook: Die tekens dat jy, of iemand na aan jou in rou is

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

10 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

11 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.