Koffie
Hierdie tipe afspraak skep die geleentheid om ’n bietjie rond te speel met style. Dra nou stewels saam met maksirokke of -rompe vir ’n modieuse voorkoms. Kies ’n rok wat effens losser om jou hang en wat genoeg beweging bied. Die naat wat die stewel onder ’n stywer rok maak, kan jou figuur dikwels onderbreek en onvleiend laat voorkom.
Deftige ete
Oos, Wes, klassiek bes. ’n Mens kan nooit verkeerd gaan met die staatmakeritems nie: ’n rok, sykouse, stewels met ’n effense hak en minimalistiese bykomstighede. Hou by warm of koue kleurtone vir ’n stylvolle voorkoms en moet nie jou kleurpalet te veel meng nie. Die effense hakkie sal jou bene ook ’n slanker voorkoms gee.
Kantoor
Hoewel die style van vorige jare weer terugkeer, beteken dit nie jou uitrusting hoef outyds te lyk nie. Dra stewels saam met ’n rokkie sonder kouse vir die herfseisoen of stapel lae wolsokkies vir die winter. ’n Mens kan ook nooit verkeerd gaan met die tradisionele stewels en broek nie, tesame met ’n vleiende bloes en bonkige bykomstighede.