’n Paar van die definitiewe tendense vir Winter 2016/17 sluit in die Big Easy-tema, Legends en Afrika Koningin. Die Big Easy is ’n trend met ’n eenvoudige, minimale en sagte, ronde benadering en behels gemaklike silhoeëtte wat die paapie-indruk skep, gemeng met materiale soos sybokhaar, angora en kasjmier met sagte handgebreide patroonwerk. Daar is melange-garings, ekstra groot steke, afgesnyde asook langlyf truie en bonkige serpe. Die Afrika Koningin inkorporeer aanskoulike en eksotiese kleure, moderne gedigitaliseerde, tropiese blomme met tekstuur en geborduurde patrone. Metaalafwerkings is geïnspireer deur etniese motiewe terwyl fraaiings, sagte voue en dekoratiewe borduurwerk ook gewild is vir hierdie tendens. Die Legends-trend omvat baie elemente uit die Athleisure-tema, met goud en silwer materiale, bedrukkings, en motiewe wat ’n suiwer styl het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die primêre kenmerk van hierdie trend is beweging – sinoniem aan gemak en sportdrag. Sjiek wit-op-wit, sagte teksture, digte of gladde materiale gaan hand-aan-hand met die styl. As ’n gevolg sien ons ’n voortsetting van die eenvoudige aktiewe drag en sportmodes wat gebruik maak van gaas, rek, Lycra en die Matt-trui.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Althleisure is ’n styl waar gemaklike kleredrag ’n moet is. Die items kan as beide oefening en algemene drag gedra word. Dit is ’n samesmelting van mode en sport. Alhoewel Athleisure bekendgestel is as ’n uitbreiding van die Sport Luxe en Sports Core-modes, het die sogenaamde tendens hierdie definisie verfyn om as een van die grootste ontluikende leefstylgebaseerde tendense gevestig te word. Dit word ook beskou as ’n mode wat een van die vinnigste groeiende modes sal wees teen die jaar 2020. Deur die samesmelting van styl met die gerief en funksionaliteit van sportklere, is Athleisure besig om nuwe standaarde te stel vir modes, wat lei tot klere wat die beste van beide wêrelde vier: liggaamsbewus, maar nie beklemmend, elasties, gemaklik, wasbaar en veelsydig, stylvol, maar ook informeel.
In ’n onlangse wêreldwye opname deur P & G Fabric Care wat namens die handelsmerke Ariel en Downy uitgevoer is om die gewildheid van die Athleisure-tendens te bepaal, is die volgende onthul:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Daar is verskeie redes waarom die instandhouding van ons klere nog meer belangrik geword het. Die eerste rede is die gebruik van performance fabrics vir ontwerpersklere wat ’n belangrike innovasie is wat ontwerpers en kleremakers tans implementeer, waarvan min verbruikers weet. Dit word beweer dat klerewinkels sowat 20-65% performance fabrics in hul items het.
Tweedens is verbruikers besig om meer ingelig en bewus te raak aangesien groot ontwerpersname en kleinhandelaars verbruikers inlig oor die volhoubaarheid van klere. Na ontwerper Dame Vivienne se Lente/Somer 2014-vertoning, het sy verbruikers gesmeek om die volgende te doen: “Koop minder. Kies goed. Hou dit vir langer. Kwaliteit, nie kwantiteit nie. Almal koop hopeloos te veel klere.”(Daily Mail. Online. 2014)
Dr. Lawrence Rosenblum, kognitiewe sielkundige aan die Universiteit van Kalifornië, ondersoek die kognitiewe wetenskap van klere en die menslike multi-sintuiglike waarnemings op verbruikers se verhouding met klere. 95% van die besluite wat ’n individu neem, is onbewustelik (Zaltman, G. & Joseph, C. 2008). Die kognitiewe wetenskap van klere het ’n multi-sensoriese revolusie geword wat die koppelvlak tussen die materiaal en die liggaam verken. Wat beteken dit vir ons as verbruikers? Dit sal die opkoms en revolusie van sensoriese materiale beteken, wat bestaan uit nuwe, opwindende teksture en materiale wat voorsiening maak vir ’n tasbare toekoms. Met nuwe en slim materiale wat ’n platform bied vir nuwe innoverende strukture en silhoeëtte in klere, is dit belangrik om op ’n volhoubare manier te sorg vir materiale en kledingstukke.
Ariel se formules voorsien gevorderde, effektiewe skoonmaak wat onverbeterlike sorg bied vir die jongste natuurlike en sintetiese vesels in Athleisure-drag. Dit word gedoen deur ’n proses bekend as Ariel-veselsuiwering en Ariel-veselbewaring. Hierdie gevorderde Deep Clean Complex maak voorsiening vir wasprosesse teen laer temperature en help om die kleure en materiale te beskerm, veral elastane, wat baie algemeen onder Athleisure-drag is en neig om maklik te beskadig.
Ariel help ook om die gemaklikheidsgevoel van Athleisure-drag te beskerm deur middel van FibreSCIENCE-tegnologie, wat spesialiseer in die optimalisering van die wasproses om sodoende materiale te beskerm en daai “nuwe” gevoel te behou.
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.