Sny 4 klein savojekooltjies, 1 rooi ui en 3 koolrape (Kohlrabi) almal in repies en meng met 45 ml (3 e) sojasous, 30 ml (2 e) heuning, gerasperde skil van 1 suurlemoen en 10 ml (2 t) suurlemoensap. 1 Verwyder die vel van die varklies (indien nodig). Geur oraloor met sout. KaramelGekaramelliseerde varklies (Pork Belly)
Ingredients
Instructions
Koolslaai met koolrape (Kohlrabi)
2 Stoom vir 1 uur oor 500 ml kookwater op ’n draadrak in ’n groot kastrol, of bamboesstomer.
3 Sit die vleis op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Sit nog ’n bakplaat bo-op die vleis en sit swaar blikkies daarop neer.
4 Sit vir minstens 2 uur of oornag in die yskas.
5 Verhit die oond tot 180 °C. Maak ’n middelslagkastrol halfvol olie en verhit tot 190 °C.
6 Sny die vleis in 2,5 cm-blokkies en geur met sout en swartpeper.
7 Diepbraai die blokkies vir 4-5 min. in sarsies tot goudkleurig en krakerig. Dreineer op kombuis-papier.
8 Meng die suiker en water in ’n kastrol oor lae hitte, roer tot die suiker opgelos is.
9 Verhoog die hitte en kook vir 5-6 min. of tot ’n ligte karamel vorm.
10 Voeg die kasjoeneute, knoffel, gemmer en kerrie by. Hou eenkant.
11 Pak die varkblokkies op ’n bakplaat uit en laat vir sowat 10 min. goed deurwarm word in die oond.
12 Maak die karamel weer warm oor lae hitte indien dit koud geword het, en gooi oor die varkvleisblokkies.
13 Meng goed deur met twee vurke. Sit met koolslaai voor.